Oudpolisieman ná vier dekades vas oor moorde in Kalifornië
Vier dekades ná 'n reeks opspraakwekkende moorde, verkragtings en inbrake, het die polisie in Kalifornië 'n voormalige polisiebeampte in verband met dié misdade in hegtenis geneem.
Die BBC berig die polisie in Sacramento het die 72-jarige Joseph James DeAngelo in hegtenis geneem wat in die 1970's en 1980's 'n skrikbewind in die Goue Staat gevoer het.
DeAngelo, die sogenaamde “Golden State Killer”, word van 12 moorde, 51 verkragtings en meer as 120 inbrake verdink. Hy word onder meer aangekla weens die moorde op Brian en Katie Maggiore in 1978 in Sacramento, asook die moorde op Charlene en Lyman Smith in 1980 in Ventura County. Nog aanklagte kan later teen DeAngelo bygevoeg word.
Die BBC berig verder DeAngelo kan moontlik die doodstraf opgelê word.
Volgens die New York Times is DeAngelo buite sy huis in hegtenis geneem, wat slegs 'n halfuur se ry is van waar die meeste van die misdade gepleeg is.
Sy slagoffers het vroue wat alleen of saam met hul kinders by die huis was, ingesluit.
Die moordenaar sou ook vroue voor hul mans verkrag, waarna hy albei vermoor het. Die misdade was glo fyn beplan en hy het die besonderhede van sy slagoffers se skedules geken.
Hy het glo vreemde rituele gehad, waarvan een was om 'n teekoppie en piering op sy slagoffers se liggame te plaas en te dreig om hulle dood te maak as hy die porselein hoor raas.
The Washington Post berig die polisie in Sacramento het hul teleurstelling uitgespreek dat DeAngelo moontlik in diens van die polisie was toe hy die misdade gepleeg het. Hy was van 1973 tot 1979 'n polisiebeampte in Kalifornië.
“Nie net het hy hierdie afgryslike misdade gepleeg nie, hy het dit gedoen terwyl hy 'n uniform gedra het en die publiek hom vertrou het.”
Die skrikbewind het blykbaar in 1986 tot 'n einde gekom, toe die 18-jarige Janelle Cruz in Irvine verkrag en vermoor is.
DeAngelo is vasgetrek toe hy met DNS-toetse aan die Smith-moorde verbind kon word. DNS-databasisse het hom ook met ander moorde oor Kalifornië heen verbind. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie