Oudpolisieman voor oor beweerde bedrog
Oudpolisieman voor oor beweerde bedrog

Oudpolisieman voor oor beweerde bedrog

NAMPA
’n Voormalige polisiebeampte, die 30-jarige mnr. Ricardo Nestor, is gister borgtog geweier in die landdroshof op Walvisbaai.

Dit was Nestor se eerste hofverskyning op aanklag van aanlyn bedrog.

Hy het voor landdros John Sindano in dié hof verskyn.

Sindano het borgtog geweier nadat me. Maggy Shiyagaya-Lotto, die aanklaer, dit namens die staat teengestaan het.

Die oudpolisiebeampte het na bewering in Oktober verlede jaar onregmatig toegang tot die klaer se e-posse verkry.

Daar word voorts beweer hy het toe die bankbesonderhede van die klaer met sy eie vervang.

Dít het na bewering daartoe gelei dat ’n betaling van N$720 000 onregmatig in Nestor se bankrekening betaal is.

Die oudpolisieman het toe na bewering ’n gedeelte van dié geld uit sy bankrekening onttrek en dit aan ’n buitelandse finansiële instelling in Suid-Afrika oorbetaal, berig die nuusagentskap Namibia Press Agency (Nampa).

Die klaer is luidens dié berig die Walvisbaaise sakeman, mnr. Jose Do Santos Mansinho.

Die staat beweer die voorvalle het tussen Oktober en Desember verlede jaar op die hawedorp plaasgevind.

Die bedrogsaak is tot 5 Maart vanjaar vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Nestor bly tot dan in aanhouding. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!