Oudpresident van DTA sterf
Kristien Kruger Die voormalige president van die Democratic Turnhalle Alliansie (DTA), mnr. Katuutire Kaura, wat ook die Kunene-goewerneur se raadgewer was, het die afgelope naweek op 81-jarige ouderdom gesterf.
“Ek het met hartseer verneem van die heengaan van die agbare Katuutire Kaura. Tydens hierdie uur van hartseer wil ek innige meegevoel betuig aan sy vrou Vicky, die kinders, die Kaura- en Mbuende-families. Mag sy siel in vrede rus,” het president Hage Geingob op sy Twitter-profiel gesê.
Kaura is volgens gerugte Saterdag omstreeks 23:00 in die Rooms-Katolieke Hospitaal in Windhoek dood.
Die voormalige LP het in 1998 vir mnr. Mishake Muyongo as die DTApresident vervang en het die DTA, nou die Popular Democratic Movement (PDM), verlaat nadat hy in 2013 die presidentskap aan mnr. McHenry Venaani afgestaan het.
President Hage Geingob het Kaura in 2015 as raadgewer van wyle Kunene-goewerneur, Angelika Muhuarukua, aangestel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie