Oudsoldate se lêers 'verdwyn' uit pakhuis
Inligting oor tientalle soldate wat vir Suid-Afrika in Namibië se onafhanklikheidsoorleg geveg het, is nêrens te vinde nie.
Augetto Graig
Tot 60 personeellêers met inligting van Namibiërs wat voor onafhanklikwording vir die Suid- Afrikaanse weermag (SADF) en destydse Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmag (SWATF) geveg het, kan nie opgespoor word nie.
Mnr. Lukas de Klerk, 'n oudsoldaat, soek sedert 2012 na die inligting wat ook besonderhede van sy tyd as dienspligtige bevat.
Hy het korrespondensie in die verband met die Namibiese permanente sekretaris van verdediging aan Republikein getoon. In die brief, wat in September 2017 onderteken is deur die permanente sekretaris, skout-admiraal Peter Hafeni Vilho, sê die ministerie hy het met onafhanklikwording lêers met inligting van die soldate van die Suid-Afrikaanse regering ontvang.
“Weens die omstandighede waaronder die lêers in 'n pakhuis gestoor was, is dit moeilik om hulle uit te sorteer, maar planne is gemaak om hulle te herrangskik,” lees die brief.
Ná verdere opvolging het De Klerk in Junie 2018 weer van Vilho se kantoor gehoor: “Die ministerie van verdediging wil u inlig dat dit nie die personeellêers van voormalige SWATF- of SADF-lede op rekord het nie,” lees die tweede brief. Daar was ook geen oorhandiging van inligting aan die Namibiese weermag met onafhanklikwording toe die Suid-Afrikaanse weermag die land verlaat het nie.
Suid-Afrika se departement van verdediging het in Februarie 2018 aan De Klerk geskryf om te sê hulle het ook nie die lêers nie.
Volgens de Klerk is hy oortuig die lêers was in 'n vraghouer op die perseel van die Luiperdvallei-militêre basis gestoor en is nog daar.
Die woordvoerder vir die ministerie van verdediging, kol. Petrus Shilumbu, sê die briewe van die permanente sekretaris se kantoor “weerspieël die standpunt van die weermag”.
Hy is ook oortuig dat die weermag se rekordhoudingingstelsel geen tekortkominge het nie. “Vanaf 1990 word al die inligting in 'n veilige plek gestoor; goed opgepas, georganiseer en op datum,” het hy benadruk.
Shilumbu het verwys na wetgewing oor hoe lank rekord in Namibië gehou moet word, en is lankal nie meer van toepassing op die inligting oor De Klerk se twee jaar diens in die tagtigerjare nie.
“Ons mag dalk nie meer sy inligting hê nie, maar dit beteken nie ons rekordstelsel is gebrekkig nie. Is dit regverdig van hom om te verwag ons moet ná 28 jaar sy lêer opspoor?” vra Shilumbu.
De Klerk het Sondag die kwessie met ander lede van 'n groep oudsoldate bekend as die Former South African Soldiers in Namibia se komitee op Rehoboth bespreek.
“Ons soek die naamlys vir al daardie lêers,” het hy gesê. Die groep glo daar was met onafhanklikwording vir hulle geld beskikbaar gemaak. Aangesien hulle nie in Namibië as oorlogsveterane beskou word nie, sê hy, soek hulle ook dié geld.
Die groep het Sondag besluit indien hulle nie die lêers of die geld kry nie, sal hulle die saak direk New York toe neem om dit aan die Verenigde Nasies voor te lê, het De Klerk gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie