Oudste fossiel van slangetjie in amber gevind

Die oudste bewaarde fossiel van ’n klein slangetjie, wat nog ’n embrio was of wat pas uitgebroei het, is gevind waar dit in amber bewaar gebly het. Die slangetjie, van die nuut ontdekte spesie Xiaophis myanmarensis, is gedateer tot 99 miljoen jaar gelede danksy die sirkoon in die amber wat afkomstig is van vulkaniese aktiwiteit. Volgens die navorsing deur die Chinese Akademie van Wetenskappe wat Woensdagaand in die vaktydskrif Science Advances gepubliseer is, was daar ook oorblyfsels van insekte en plantmateriaal in die amber. Dit dui daarop dat dié slange in woude gebly het, ’n habitat waar slangfossiele nog nie voorheen gevind is nie. Die slang het 97 rugwerwels en daar is ook ’n stukkie vel in die amber. Sagte weefsel het ook bewaar gebly. Dit is gevind in wat vandag Mianmar is. Destyds was dit deel van ’n groep vulkaniese eilande. Die slangetjie is 47,5 mm lank. Foto Netwerk24/Ming Bai/Chinese Academy of Sciences

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!