Oudste man nu00f3g sterf op 146
Oudste man nu00f3g sterf op 146

Oudste man nóg sterf op 146

'n Man van Indonesië wat beweer het hy is op 146 jaar oud die oudste mens tot nog toe, is in sy tuisdorp in Java dood.

Volgens sy identiteitsdokument is Saparman Sodimejo, ook bekend as Mbah Ghoto (oupa Ghoto), in Desember 1870 gebore. Indonesië het eers in 1900 geboortes begin aanteken, en daar was voorheen foute.

Amptenare het aan die BBC gesê sy dokumente is geldig.

Hy is op 12 April in die hospitaal opgeneem nadat sy gesondheid agteruitgegaan het, maar hy het ses dae later daarop aangedring om huis toe te gaan.

“Sedert hy teruggekom het, het hy net lepelsvol pap geëet en baie min vloeistof gedrink,” het sy kleinseun Suryanto aan die BBC gesê. “Dit het net 'n paar dae gehou. Daarna het hy tot by sy dood geweier om te eet of te drink.”

Mbah Ghoto het in 2016 gesê geduld is 'n belangrike bestanddeel vir 'n lang lewe, en dat hy so lank gelewe het “omdat hy mense het wat hom lief het en versorg”.

Hoewel hy tot sy dood baie gerook het, het hy vier vroue, tien broers en susters en al sy kinders oorleef. Hy was ook 'n held in sy dorp waar hy stories van die oorloë teen Japan en die Nederlandse koloniste vertel het.

Suryanto sê sy oupa is Maandag­oggend in die plaaslike begraafplaas begrawe waar hy jare gelede vir hom 'n graf gekoop het.

'n Grafsteen wat jare lank langs sy huis gestaan het, is op die graf geplaas.

“Hy het nie baie gevra nie. Voordat hy dood is, wou hy net hê ons as familie moes hom laat gaan.”

* Jeanne Calment van Frankryk is in 1997 dood in die ouderdom van 122 jaar en sy was die oudste mens wie se ouderdom geloofwaardig bevestig is. –Netwerk24/BBC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!