Oudste tatoes op 5 000 jaar oue mummies gekry
Oudste tatoes op 5 000 jaar oue mummies gekry

Oudste tatoes op 5 000 jaar oue mummies gekry

Die wêreld se oudste tatoeëer­merke is op 5 000 jaar oue ­Egiptiese mummies gevind, berig CNN. Tatoeëermerke wat 'n wilde bul en 'n skaap uitbeeld, is sigbaar op die boarm van die mummie van 'n man, terwyl 'n S-motief op die skouer en boarm van 'n vroue-mummie voorkom.

Hierdie besonderhede, soos in die Journal of Archaeological Science gepubliseer, vervroeg die getuienis van tatoeëermerke in Afrika met sowat 1 000 jaar. Dit bewys ook ­navorsingsresultate verkeerd dat slegs op vroue in die predinastiese Egipte getatoeëer is.



buitengewoon

“Die tatoeëermerke is buitengewoon,” sê Daniel Antoine, een van die land se voorste navorsers van die projek en die Britse Museum se kurator van fisiese antropologie.

Antoine sê die dierefigure, veral die bul, word waarskynlik met status, mag en vrugbaarheid verbind.

Die S-motief wat oor die vrou se regterskouer strek, was destyds 'n motief wat as versiersels in pottebakkery gebruik is.

Antoine sê die mummies, wat tussen 3351 en 3017 v.C. gelewe het, dateer uit die tyd voordat Egiptiese hiërogliewe gebruik is. Dit bemoeilik die proses om die betekenis van die tatoeëermerke te bepaal.

Hy vermoed dat die tatoes 'n kombinasie van dinge, soos braafheid in die geval van die dierefigure maar ook iets meer kompleks soos toordery, simboliseer.

“Hulle was 5 000 jaar gelede baie gesofistikeerde mense,” sê hy. “Daar is geen rede waarom ­tatoeëermerke nie destyds al so ryk geskakeerd soos vandag kon wees nie.”

Navorsing dui ook daarop dat die tatoeëeringsproses soortgelyk aan vandag is: 'n Naald met 'n koolstof-element, vermoedelik roet, is onder die vel ingedruk.

“Hulle was puik vakmanne, so ek is seker hul tatoeëring was ook goed,” aldus Antoine. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!