Oudstryders marsjeer voort
Catherine Sasman - Die voorsitter van die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet) het gesê voormalige SWATF- en Koevoet-lede sal slegs met hul sitstaking ophou wanneer pres. Hage Geingob hom uitspreek oor hul eise om as oorlogveterane erken te word.
“Ons sal huis toe gaan wanneer pres. Geingob vir ons ’n brief stuur waarin dit sê die regering sal ons nie as oorlogveterane erken nie, en dat ons nie welkom is nie. Ons sal huis toe gaan om dood te gaan of om vir die volgende president te wag. Maar pres. Geingob is te stil oor die kwessie,” het Namvet se voorsitter, mnr. Jabulani Ndeunyema, vroeër hierdie week gesê.
Die oudsoldate is steeds besig met ’n sitstaking by die Rooivlag Kommandosaal in Katutura en by ’n plek wat hulle die Namvet Bastion en Gedagtenispark gedoop het, wat sowat 10 km buite Opuwo geleë is.
“’n Brief van pres. Geingob sal ’n teken wees of ons net ons tyd mors,” het Ndeunyema gesê.
Hy het gesê baie van die bejaarde oudstryders wil nie huis toe gaan nie, want daar is niks vir hulle oor nie omdat baie al hul vee weens die droogte verloor het.
Van hulle verlaat die kampe vir ’n week of twee om komberse te gaan soek teen die komende winterkoue en om kos te bekom wat al hoe minder in hul kampe raak, het hy bygevoeg.
Volgens Ndeunyema was altesame 324 oudsoldate Maandag by die Kommandosaal in Windhoek en meer as 1 140 op Opuwo.
Die oudstryders by die Kommandosaal beplan om môreoggend “vensterinkopies” in Windhoek se sentrale sakegebied te gaan doen om hulle met die stad “vertroud te maak”.
Op 11 Junie beplan hulle ’n openbare bespreking oor wat hulle meen is die regering se diskriminerende houding teenoor voormalige SWATF- en Koevoet-lede in ’n onafhanklike Namibië. Dié bespreking sal vanaf 12:00 by die Kommandosaal gehou word en word deur die Forum for the Future (FFF) en Namrights aangebied. Sprekers by dié geleentheid sluit in Namrights se uitvoerende direkteur, mnr. Phil ya Nangoloh; mnr. Samson Ndeikwila (FFF); ’n voormalige San-soldaat wie se naam nog nie bekend is nie; asook 10 ander lede van Namibië se burgerlike samelewing.
Onderwerpe wat gedek word, sluit in ontwapening en integrasie van Namibië se oudstryders, die wet op oorlogveterane, die regering se gesindheid teenoor voormalige SWATF- en Koevoet-lede en hoe oudstryders by die regering se Harambee-welvaartplan kan baat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie