Ouer, getroude Polisiekarre nog nie klaar gerock
Elf jaar ná hul album Swanesang is die Afrikaanse punkrockers Fokofpolisiekar weer aan die geraas maak.
Hul nuwe album, Selfmedikasie, is vandeesweek uitgereik en al het elk van die vyf nou die strop om die nek en staan drie van hulle gereeld met 'n kind op die heup, is hulle dit eens dat rock steeds in hul are pomp.
“Ons skree deesdae minder,” sê die Polisiekarre se hoofsanger, Francois van Coke, middel, oor hul nuwe album. Saam met hom is, van links, Wynand Myburgh, bestuurder en baskitaarspeler, Hunter Kennedy, liriekskrywer en kitaarspeler, Jaco Snakehead Venter, tromspeler en fotograaf, en Johnny de Ridder, die hoofkitaarspeler.
“Ons gaan saam speel en head bang solank ons sonder pyn kan,” spot Francois (37).
Dis deesdae vir hom en Wynand (39) belangriker om naby 'n gimnasium as 'n kroeg te bly wanneer hulle toer sodat hulle kan oefen. En al is hulle dalk effens ouer, lyk hulle goed.
Beter, lag Wynand, want hulle het nou kuite.
“Maar dit beteken nie ons het sagter geraak nie. Ons het minder vrae en ons skree minder op mense. Omdat ons ouer is, het ons meer lewenservaring en daarom maak ons deesdae meer stellings met ons musiek, eerder as om alles te bevraagteken.
“Al is dit 'n vernuwende klank, is dit steeds die musiek waaraan ons fans gewoond is. Ek dink nogal die lirieke het meer gevoel en 'n mens moet onthou dat ons fans van destyds ook ouer geraak het – nes ons,” voeg Francois by. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie