Ouer mense glo laaste in ry vir erwe
BITTERBAL VAN WYK SKRYF:
Gun my asseblief ’n spasie in u koerant om my frustrasies bekend te maak.
Dit gaan oor die onregverdige uitdeel van die Rukoro-verslag se erwe in Rehoboth. Vir 38 jaar lank wag ek en soveel ander vir hierdie erwe.
In die verlede is grond in Blok F, Blok G, Blok G Uitbreiding 1 (Kavukiland), Blok G Uitbreiding 2 en 3 op ’n onregverdige manier uitgegee. Nou het jongmense egter voorkeur begin kry bo ouer persone en nog steeds duur dit voort. Jong mense word eerste gestel, bo ouer persone wat al drie keer ’n huis kon gebou het, maar nog steeds moet huur - ten duurste.
Die dorpsraad met die CEO verroer nie ’n vinger om die wanpraktyke te stop nie.
Ons het vir Ritma, die Landless People's Movement, PDM en UPM gestem sodat hulle na dié dinge kan kyk en dit stopsit, maar hulle is doodstil. Hul beloftes is vergete, jy hoor niks, nie ’n vergadering word gehou om na griewe te luister.
Ek kan nie verstaan dat die Rukoro-komitee, wat geleerde en gerekende mense is, erwe in ’n alfabetiese volgorde uitgee en dat ’n jong persoon voorkeur kry bo ’n ouer persoon nie.
Fase 1 is uitgegee aan 100 persone wat 95% jonger mense is. Fase 2 word April uitgegee met dieselfde 95% jonger persone.
Wat ook vir my onverstaanbaar is, is dat ’n persoon wat 30 jaar oud is kwalifiseer vir ’n erf van die ou Rehoboth-regering. So hulle gee hul ouers se goedkeuring in, terwyl die ouer alreeds oorlede is. As die ouer (pa) oorlede is, dan verval daardie goedkeuring volgens my.
Ek is die laaste persoon wat rassistiese opmerkings sal maak, maar ek praat net die waarheid, en die bewyse is daar.
Van die erwe is toegeken aan Damarasprekende inwoners van Rehoboth en van hulle verkoop aan Owambosprekende inwoners. Bevoordeel die Rukoro-verslag slegs ’n sekere etniese groep? Is die woord Baster ’n vloekwoord?
Rudi van Wyk, Amanda Groenewaldt en Jan van Wyk, ons het in die warm son gestaan om vir julle te stem. Doen in hemelsnaam iets.
Gaan na die komitee en stel sake reg. Weet julle hoe dit voel om verbitterd te wees?
Ek doen ’n beroep op persone wat 40 en ouer is om my te kontak. Ons moet ’n proteskomitee stig, wat druk op die Rukoro-komitee kan plaas, asook op die dorpsraad. Kontak my by 081 853 2930 sodat ons ’n vergadering kan reël.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie