Ouers moet kan kies waar om skoolklere te koop
Henriette Lamprecht – Ouers behoort hul eie keuse te kan uitoefen waar hulle hul kinders se skoolklere wil aankoop. Dit sluit in by die skool, by gespesialiseerde verskaffers van skooluniforms, by ’n kleremaker of dan by ander bekende groothandelaars wat ook skoolklere verkoop.
“In ’n neutedop behoort daar nie 'n beperking te wees oor wie uniforms moet verskaf solank dit aan die vereistes en standaarde van die skole voldoen nie,” sê mnr. Paulus Hangula, senior ekonoom: bekragtiging, vrystelling en kartelle by die Namibiese Mededingingskommissie (NCC).
Die kommissie is oorval met verskeie klagtes van ouers en sommige verskaffers van skoolklere oor moontlike nie-mededingende praktyke in die verskaffing van skoolklere aan privaat en staatskole in die land.
Volgens die klagtes is daar verskaffers wat eksklusiewe ooreenkomste met sekere skole het. As gevolg van dié ooreenkomste kan potensiële of nuwe verskaffers nie in die mark inkom om ook mee te ding nie.
Hangula sê ouers se grootste bekommernis is die koste van skoolklere.
“Ouers het nie ’n keuse wanneer dit kom by waar hulle die klere moet koop nie. Sommige skole sê vir ouers waar om skoolklere te koop, selfs al is daar goedkoper alternatiewe verskaffers wat ouers geld kan spaar,” het Hangula gesê.
Met verwysing na privaat skole het hy gesê sommige ouers het ook besware geopper dat uniforms slegs by die betrokke skool gekoop kan word.
“Die fokus is nie noodwendig oor wáár die uniforms gekoop word nie, maar meer ’n kwessie of ouers voldoende opsies het om te kies waar hulle skoolklere koop,” het hy verduidelik.
Volgens Hangula is die kommissie tans in gesprek met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur oor die huidige status van die koop en verkoop van skoolklere in die land en om ’n gepaste manier vorentoe te bespreek sou daar skole of oorheersende verskaffers wees wat hulself aan nie-mededingende gedrag skuldig maak.
Die NCC het vroeër ’n ondersoek gedoen om te bepaal of daar enige moontlike oortreding van die mededingingswet in die verband was.
Die ondersoek het onder meer bevind daar is eksklusiewe verskaffingsooreenkomste tussen sekere skole en verskaffers. Volgens die NCC kan dié tipe ooreenkomste ’n negatiewe impak op mededinging hê.
“Die ooreenkomste het die potensiaal om mededinging te voorkom en te verminder, omdat dit ander verskaffers verhoed om toegang tot die mark te verkry of die mark uit te brei.”
Ook plaas die algemene praktyk wat al jare duur, druk op verbruikers om uniforms spesifiek by die skole se verkose verskaffers te koop.
Dis in ’n poging om eenvormigheid, betroubaarheid en die beweerde vermoë te bevorder om aan die vereiste aanvraag te voldoen.
“As gevolg van dié tipe ooreenkomste word die verbruiker se welstand verlaag omdat hulle nie ’n keuse het om uniforms by goedkoper alternatiewe verskaffers aan te koop nie.”
Volgens die kommissie behoort skole slegs ’n algemene standaard van die vereiste items te verskaf, sonder om te dikteer waar ouers dit moet koop.
Die kommissie stel voor spesifikasies moet so generies as moontlik wees sodat dit by verskillende verskaffers aangekoop kan word. Skole moet dié spesifikasies aan leerlinge en ouers verskaf om ingeligte besluite te neem oor waar om die skoolklere aan te skaf.
Volgens die NCC moet skole jaarliks nuwe en of potensiële verskaffers uitnooi vir moontlike oorweging as verskaffers. Kontrakte tussen skole en verskaffers moet ook tot ’n kort tydperk beperk word, verkieslik drie jaar wat hernubaar is deur ’n nuwe, deursigtige proses.
Ouers en voogde word ook aangemoedig om enige eksklusiewe verskaffingskontrak by die kommissie aan te meld.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie