Ouma Katrina se familie gesoek
Ouma Katrina se familie gesoek

Ouma Katrina se familie gesoek

Dani Booysen
Benjamin Isaacks skryf:

Ouma Katrina, dis hoe ons haar ken, het op 7 April 2017 afgesterwe en ons vra hulp om voor die begrafnis enige familielede van haar op te spoor. Sy het by ons in Havana gewoon.

Die ouma het in die 1900's uit die Suide na Windhoek gekom. Vermoedelik uit Mariental.

Sy het onder 'n berg saam met 'n Oshiwambo-sprekende man kom bly waar Havana se sinkhuise nou staan. Later het sy heeltemal ophou praat.

Daardie man is oorlede en die mense wat toe vir haar gesorg het, het ook afgesterf. Ons ken haar al van net nadat sy ophou praat het.

Ons het al probeer om mense te soek, maar vergeefs. Sy het sedert 2000 by ons gebly.

As ek haar vra wat haar naam is, het sy altyd net “Katrina” geskryf. Dalk kon sy nie haar van onthou nie?

Om vir haar die Harambee-kos te kry, het iemand haar Anna Waterboer genoem.

“Home Affairs” sê ons moet begrawe, maar ons wag en soek familielede.

Mense met inligting of hulp kan my by 081 650 7371 skakel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!