Ouma Maria nog vol humor op 102
Tanja Bause – Ouma Maria Martha Margaretha van Niekerk vier vandag haar 102de verjaardag op Hentiesbaai.
Sy is op 21 Oktober 1918 op Calvinia in Suid-Afrika gebore en het in 1938 met haar man, Izak, op Keetmanshoop in die huwelik getree. Vier kinders is uit die huwelik gebore. Ouma Maria het nege kleinkinders en 14 agterkleinkinders.
Die egpaar het in 1962 op Khorixas gewoon waar ouma Maria die hotel en haar man die slaghuis besit het. Hulle het ook later in die Keetmanshoop-omgewing geboer en het met hul aftrede na Kempton Park in Suid-Afrika – na hul seun – getrek.
Nadat haar man in 1994 oorlede is, het ouma Maria na 'n selfsorgeenheid op Gobabis getrek. Dit is ook hier waar sy op 80 geleer het om te skilder.
Volgens haar dogter, me. Elma du Plessis, was haar ma nog altyd baie kunstig.
“My ma het geskilder, houtsnee- en naaldwerk gedoen, trourokke gemaak en koeke gebak. Sy het selfs 'n visdam gebou. My ma het aan 'n skou in Kempton Park deelgeneem en van haar selfgemaakte produkte soos beskuit, hekel- en breiwerk, koeke en ingelegde vrugte ingeskryf. Sy het nege produkte ingeskryf en sewe eerste en twee tweede plekke gewen. Onder meer het sy die Goue suiker-lepel gewen wat die hoogste prys is,” het sy gesê.
Ouma Maria het ook die trekklavier gespeel en was saam met haar man in 'n orkes toe hulle jonger was waar hy kitaar gespeel het.
Ouma Maria het van Gobabis af na haar dogter op Otjiwarongo getrek en ná haar skoonseun se dood, het sy en haar dogter Hentiesbaai toe verhuis.
Hoewel ouma Maria nie meer so goed kan sien en hoor nie, makeer haar verstand en haar sin vir humor niks.
Sy het nou die dag vir haar dogter gesê: “My kind, ek word nou net jonger hoe ouer ek word.”
Waarop haar dogter geantwoord het dat hulle in daardie geval vir haar 'n kêrel moet kry. Ouma Maria het skertsend gesê: “Ek het al rondgekyk, maar hier is nie iets vir die oog nie.”
“My ma was haar lewe lank 'n baie hardwerkende vrou. 'n Vrou wat altyd haar hulp vir ander mens aangebied het. Sy is plat op die aarde en nog steeds baie positief. Sy is 'n groot kind van die Here.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie