Ouma se opgedolliede frikkadelpastei
Ouma se opgedolliede frikkadelpastei

Ouma se opgedolliede frikkadelpastei

Bestanddele

Frikkadelle:

750 g maalvleis1 ui, fyngekap1 knoffeltoontjie, gekneus en fyngekap1 rooi soetrissie, ontpit en fyngekap1 e. veelsydige vryfmengsel*1 eier, liggies geklitssout en varsgemaalde swartpeper

Sous:

2 e. botter vir braai1 ui, in dun ringe gesny1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny1 e. veelsydige vryfmengsel*2 e. koekmeelsout en varsgemaalde swartpeper1 koppie beesvleisaftreksel

Deeg:

4 eiers1 ½ koppie melk3 e. botter, gesmelt1 ½ koppie koekmeel1 ½ t. bakpoeier1 t. soutMaak dan só:Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n vlak oondbak met botter.

Frikkadelle

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle. Gebruik jou hande om alles goed te meng. Vorm ongeveer 24 frikkadelle, so groot soos tafeltennisballetjies. Plaas die frikkadelle op ’n bord en hou eenkant.

Sous

Smelt die botter in ’n swaarboompan en braai die ui en soetrissie tot sag. Roer die vryfmengsel en koekmeel by. Geur met sout en peper. Giet die aftreksel by en roer tot die sous verdik het. Kook vir nog ’n paar minute. Skep die sous onderin die oondbak en rangskik die frikkadelle bo-op.

Deeg

Klits die eiers tot lig en skuimerig. Voeg die melk en botter by.

Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en voeg by die eiermengsel.

Klits goed tot die mengsel glad is en giet bo oor die frikkadelle.

Bak in die oond vir 40 tot 50 minute of tot die beslag en frikkadelle gaar en goudbruin is. Sit voor saam met gestoomde groente of ’n mengelslaai.

* Vryfmengsel: Meng 4 e. bruinsuiker, 1 e. mosterdpoeier, 1 e. sout, 1 e. peper, 2 t. paprika, 1 t. droë tiemie, 1 t. droë origanum, 1 t. rooipeper en 1 t. fyn wonderpeper. Bêre in lugdigte fles. -Nertwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer