Oumagrootjie noem Duineveld huis
Op Duineveld, sowat 180 km suid van Windhoek, bly ’n juweel: Ons eie “Queen of Hearts” en een van die oudste inwoners van ons land.
En op die gevorderde ouderdom van 103 is ouma Sofie nog blakend gesond. Sy loop en eet nog self, maar haar sig het verswak,” sê mnr. Deon Maasdorp.
Ouma Sofie is op 14 Junie 1913 as ’n nooi Tieties gebore en het op Brandvlei in Suid-Afrika grootgeword. Sy het later na die Gibeon-distrik verhuis en op 8 Oktober 1938 in Mariental met oupa Mathys Coetzee, ’n wewenaar met ses kinders, in die eg getree.
Op 24-jarige ouderdom is sy aan die diepkant ingegooi, want skielik moes sy ’n ma wees vir dié kinders, van wie sommige nog baie klein was na die afsterwe van hul biologiese ma.
Met nog vyf kinders wat uit hul huwelik gebore is, kan ’n mens jou indink dat dit dikwels maar dol in die Coetzee-huis gegaan het en dat net ’n sterk vrou soos in Spreuke 31 beskryf is, hierdie rol kon vervul.
Wat opvallend is, is dat sy nooit verwys na haar stiefkinders nie, maar na haar kinders uit die eerste huwelik - duidelik ’n moeder wat haar liefde en aandag gelykop onder alle kinders verdeel het en niemand voorgetrek het ten koste van die ander nie. Ouma Sofie het nooit skoolgegaan nie, maar wanneer jy met haar gesels, kom ’n mens agter dat sy ’n baie intelligente en Godvresende vrou is. Sy het ook meer as haar deel aan tragedie in haar lewe gehad: Sy het ’n tweeling en nog ’n baba aan die dood afgestaan en ’n seun is in ’n motorongeluk dood.
Sy en oupa Thys het lank op Langverwag gewoon en later na Duineveld verhuis waar oupa Thys haar in 1975 ontval het. Vandag woon sy steeds op Duineveld waar sy álmal se ouma is.
Haar aansteeklike lag, sprankelende persoonlikheid, uitstaande lewenswaardes en voorbeeld van wedersydse respek vir groot en klein maak haar uniek en geliefd. Vra haar wat sy dink die rede vir haar lang, geseënde en gesonde lewe is, antwoord sy: “Genade en nogmaals genade, asook om jou vader en moeder te eer.” En die resep vir ’n gelukkige huwelik? “Om ’n biddende vrou te wees asook liefde, respek en gehoorsaamheid vir jou man.” Hierdie eienskappe word deur haar vyf oorlewende kinders uitgebeeld wat op ’n roterende basis hul huise verlaat om mekaar af te los en met liefde en deernis na hul moeder om te sien. Haar kinders is haar 77-jarige seun Manna Coetzee van Walvisbaai; 75-jarige dogter Makkie Claasen van Windhoek; 72-jarige seun Tien wat by haar woon; 69-jarige dogter Ousietjie wat op Kalkrand woon; en 66-jarige dogter Tos Waterboer van Rehoboth. Sy spog ook met 21 kleinkinders, 54 agterkleinkinders en 50 agter-agterkleinkinders. Terloops, iemand het eendag tong in die kies opgemerk: “As jy lank wil bly leef, trek Duineveld toe. Daar is iets in daai water! Daar is ’n 103-jarige asook 93-, 92-, 90-, 85- en 80-jariges in die klein gemeenskap - nie een bedlêend nie. Almal is gesond en van hulle versorg self hul tuine.” Inderdaad ’n geseënde gemeenskap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie