Oupa se perdekar weer pure perd
Tanja Bause
“My oupa het my en my broer op Omaruru altyd met die perdekar skool en kerk toe geneem,” vertel mnr. Wessel Honiball.
Hy is tans besig om die einste perdekar weer tot sy volle glorie in Windhoek te herstel.
“Wanneer ek aan die kar werk, kan ek die geluide wat die wiele en die perdehoewe op die grond gemaak het, hoor as ons saam met Oupa gery het.”
Honiball se oupa, mnr. Jacobus Karstens, het die perdekar oorspronklik in Suid-Afrika gekoop en dit is in die vroeë 1900's per trein na Namibië gestuur.
Die kar is grotendeels nog soos hy was - die naaf, vere, sitplek en agterste kussing, asook die voor- en agterpaneel en twee van die vier planke wat die kap vashou.
“Die oorspronklike kap was swart en my ma het dit met 'n wit een vervang. Nou het ek dit met bruin seil vervang. Maar dat my ma 'n baie beter naaldwerker was, het ek vinnig agtergekom toe ek die kap begin maak het,” het hy gesê. Honiball se ma het die kap sommer met spykers aan die koets se raamwerk vasgemaak.
“Ek gebruik velcro sodat dit maklik afgehaal kan word.”
Hy het die wielspeke met mnre. Elifas Iivulika en Fillimon Garoeb se hulp gemaak. Dié twee mans help hom ook om die kar en die modderskerms te herstel.
“Ek het die oorspronklike ysterring wat die wiel bymekaar hou, maar die speke is alles oorgedoen en nuut.”
Die nuwe perdekar was aanvanklik 'n enkelperdekar, maar is nou in 'n dubbele perdekar omskep. Wat die kar uniek maak, is die verskillende houtsoorte wat gebruik is om dit te maak.
“Die wiele is van rooshout. Die kar se raam is van stinkhout en die panele van satynhout en Oregon-dennehout gemaak. Die hele kar is 'n mengelmoes van hout. Ons het Oregon-dennehout vir die herstelwerk gebruik omdat stinkhout en geelhout onbekombaar is,” het Honiball gesê.
Die rugleuning se leerkussing is met klapperhare opgestop.
Die armleunings was ook met klapperhaar opgestop, wat met bok- en skaaphare vervang is toe Honiball se ma daaraan gewerk het.
“Die oorspronklike armleunings is steeds binne en ek het dit net met leer oorgetrek.”
Honiball sê hy het nog altyd in houtwerk belang gestel en sy stokperdjie het nou sy werk geword.
“Ek het in graad twee my laaste speelding by my ouers gekry. Op my volgende verjaardag het ek 'n houtsaag gekry en sedertdien het ek goed uit hout gemaak.”
Sodra die perdekar klaar opgeknap is, sal dit waarskynlik aan Honiball se seun in Zimbabwe besorg word.
“My seun, sy vrou en hul seun het 'n waardering vir ou goed,” sê hy.
“Die kar is vir my baie waardevol omdat dit so baie herinneringe aan my kinderjare oproep. Dit was ons vervoermiddel en vir jare was dit ook die plek waar die hoenders geslaap het. Nou sal dit weer as vervoermiddel gebruik kan word,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie