Outjo-aanval: Drie verskyn in hof
Drie verdagtes wat in verband met die Gemsbokoord skietvoorval in hegtenis geneem is, het vanoggend om 09:00 hul eerste verskyning in die hof op Outjo gemaak.
Hulle saak is tot 17 Desember uitgestel en hulle mag ‘n aansoek om borgtog bring.
Dit volg ná mnr. André Shepherd (55) tussen 20:00 en 21:00 Maandagaand in die bors geskiet en gewond is terwyl hy en sy vrou, Belinda, van Outjo af op pad terug na die plaas Gemsbokoord was, waar hy as ‘n voorman werksaam is.
‘n Ingeligte bron vertel ‘n derde plaaswerker van Gemsbokoord is gister op die plaas deur die polisie in hegtenis geneem en is glo in besit van die wapen gevind waarmee Shepherd na bewering geskiet is.
Die ander twee wat Dinsdag aangekeer is, het ‘n rygeleentheid tot in Outjo gesoek toe ‘n polisieman in sy privaatvoertuig verbykom en hulle optel. Hy het hulle na die polsisiestasie geneem waar hulle tydens ondervraging aangedui het dat ‘n derde plaaswerker by die voorval betrokke is en glo die meesterbrein was.
Een van die beskuldigdes het vandag aangedui wie glo die skieter was. Hy het glo op ‘n koppie gesit en Shepherd ingewag, terwyl die derde verdagte glo vir Belinda in die huis gewag het.
Die beskuldigde het ook gevra dat hy in ‘n aparte sel aangehou moet word omdat hy om sy veiligheid vrees.
Lede uit die gemeenskap is dit eens dat Outjo-speurders uit hul ondersoekeenheid hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie