Outjo-aanval: Twee vandag in hof
Die polisie het mnr. André Shepherd se vermeende skieters binne ‘n dag ná die voorval aangekeer.
Elvira Hattingh - Twee verdagtes is in verband met Maandag se Outjo-aanval in hegtenis geneem en sal vandag hul eerste verskyning in die hof op die dorp maak.
Hulle sal aangekla word van huisbraak, diefstal en poging tot moord.
Adj. komm. Naukalemo Andreas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, het die nuus aan Republikein bevestig en gesê die verdagtes is glo werkers op die plaas waar die voorval plaasgevind het.
Dit volg ná mnr. André Shepherd (55) tussen 20:00 en 21:00 geskiet en gewond is terwyl hy en sy vrou, Belinda, van Outjo af op pad terug na die plaas Gemsbokoord was, waar hy as voorman werk.
’n Lokval is oënskynlik vir hom gestel deurdat die pad na hul huis met klippe en takke versper is.
Toe Shepherd uitklim om dit te verwyder, is hy in die bors geskiet. Hy is vir behandeling in ’n hospitaal in Windhoek opgeneem.
Die polisie sê die verdagtes was ook in besit van gesteelde items uit die plaashuis.
Hulle het glo Maandag in die huis ingebreek en onder meer ’n jaggeweer en ammunisie gesteel wat aan die slagoffer behoort.
“Ons het ons mobiele en voetpatrollies ná die voorval in die gebied verskerp en boere uit die gebied het by ons aangesluit,” het Andreas gister aan Nampa gesê.
Volgens haar het een van die misdaadondersoekeenheid se patrolliemotors op pad van die plaas af na Outjo op die verdagtes afgekom waar hulle met bagasie gestap het.
Die verdagtes is in die polisiemotor gelaai en na die Outjo-polisiekantoor geneem waar hulle deursoek is.
“Gesteelde items uit die plaashuis is tussen die bagasie gevind, wat tot hul inhegtenisneming gelei het,” het Andreas gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie