Outjo hou mu00f4re optog teen geslagsgeweld
Outjo hou mu00f4re optog teen geslagsgeweld

Outjo hou môre optog teen geslagsgeweld

Francoise Steynberg
‘n Optog teen geslagsgeweld sal môreoggend op Outjo gehou word om wyle me. Lindie Prinsloo (39) se lewe te herdenk voor haar begrafnisdiens om 10:00 uit die NG Kerk sal plaasvind.

“Lindie was baie betrokke op die Outjo voor sy Swakopmund toe getrek het en verlede Vrydag daar vermoor is,” sê pastoor Albert Aib.

Aib reël die optog namens alle kerke op Outjo en nooi die gemeenskap om deel te neem en hul stemme teen geslagsgeweld dik te maak.

Die optog begin môre (Vrydag, 9 November) om 08:00. Daar word vanaf die gemeenskapsentrum in Etoshapoort vertrek.

“Daarna word perderuiters by die Etosha Garden Hotel ontmoet. Daar sal verby die polisiekantoor, poskantoor en dan om die blok tot voor die landroskantore geloop word,” sê Aib.

Die optog sal deur die verkeersafdeling begelei word.

Vir diegene wat belangstel om aan die optog deel te neem, kontak gerus vir Aib by 081 308 0688 vir enige navrae.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!