Outjo Reitklub bars uit sy nate
Outjo Reitklub bars uit sy nate

Outjo Reitklub bars uit sy nate

Tanja Bause
Tanja Bause – Die Outjo Reitklub het in Januarie na ’n nuwe, groter perseel getrek ná dit twee jaar gelede geopen het en kan met 17 perde en 32 ruiters spog.

Die jong klub het vanjaar aan die skou op Otjiwarongo deelgeneem, asook aan toernooie in Swakopmund en Windhoek. Hulle was ook by die Outjo Wildsfees en die Geloftefees te siene, waar hulle vernuf vertoon is. Hulle sal ook vanjaar weer by die Geloftefees wees waar hulle besoekers met verskillende boeresportitems sal vermaak.

“’n Groot perde-kultuur is besig om op Outjo te ontwikkel. Sonder die hulp en bystand van die gemeenskap en sakeondernemings sou ons nie so suksesvol gewees het nie,” het mnr. Jan de Villiers gesê.

Hy sê die klub is besig om die geriewe gereed te maak om in 2018 nasionale kompetisies op Outjo aan te bied. Op die oomblik kom die Suid-Afrikaanse afrigter, me. Louraine Bouvard Minett, een keer per maand na Outjo om jong ruiters af te rig.

Die eerste skouspring- en dressage-perdeklub in Outjo het sewe ruiters wat kompetisie-gereed is en kan deelneem.

“Al die kompetisies, feeste en skou waaraan ons kinders deelneem, is sodat hulle blootstelling kan kry. Ons is druk besig om die kinders te ontwikkel,” het hy gesê.

As afrigter beskik De Villiers oor ’n sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Terapeutiese Perderitvereniging (SATRA) asook ’n afrigtersertifikaat van die Internasionale Ruiterfederasie (FEI).

Hy gee klasse vir kinders, skouspring- en dressage-lesse asook as terapeutiese klasse vir kinders wat onder meer aan aandagafleibaarheid ly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!