Outjo spog met hope talent
Tanja Bause – Lara-Nika Praetorius (12) van Outjo vertrek op 2 Julie na Los Angeles om Namibië by die Wêreldkampioenskappe van Uitvoerende Kunste te verteenwoordig.
Dit volg nadat sy by die plaaslike talentskou Namibia Association of Talent, Modeling and Entertainment (NATME) ses goue en een silwermedalje vir sang asook drie silwer en ’n goud vir modelwerk gewen het. Sy het ook die junior stem-trofee ingepalm.
In die VSA neem sy in sewe kategorieë deel waarvoor sy vir elk ’n ander uitrusting en liedjie gereed het.
“Dit kos baie geld om daarheen te gaan en deel te neem, en dus moes ek inspring om geld in te samel. Ek het elke oggend voor skool ’n baksel beskuit in die oond gesit en elke dag ná skool in my ‘dirndl’ (tradisionele Duitse rok) op my fiets geklim en die dorp ingevaar om beskuit te verkoop. Só het ek N$13 000 ingesamel,” sê sy.
Sy het ook by die Outjo Wildsfees opgetree en ’n stalletjie beman. Op die ou end het sy deur die verskillende projekte N$50 000 ingesamel.
“Ek kan nie net sit en verwag die geld moet inkom nie. Ek moet self inspring en insamel! So ’n kans kom net een keer in ’n mens se lewe en ek sal dit alles gee. Ek is baie opgewonde en kan nie wag om teen die wêreld se beste mee te ding nie.”
Lara-Nika neem by mnr. Rudi Moore van Sky Productions op Outjo sanglesse. Sky Productions het drie jaar gelede op die dorp sy deure geopen. Op die oomblik neem 20 kinders lesse by hom en sedert die begin van die jaar bied Moore ook klasse op Otjiwarongo aan.
Dit is nie die eerste keer wat Lara-Nika vir die internasionale kampioenskappe kwalifiseer nie. Sy het soos die 12-jarige Jacques Cronje ook verlede jaar by NATME vir die geleentheid in Los Angeles gekwalifiseer. Moore het egter gemeen albei het nog ’n jaar se sanglesse nodig voorday hulle hul internasionale debuut kan maak.
Jacques het vanjaar weer by NATME gekwalifiseer en sal volgende jaar in die VSA gaan deelneem. Dié gesoute tromspeler het by NATME die algehele trofee-toekenning in sy afdeling gewen. Hoewel hy ook sing, is tromme sy passie.
Jan Willem van Zyl (15) is nog ’n tromspeler wat vir die kompetisie in Amerika gekwalifiseer het. Ook hy gaan volgende jaar daarheen reis.
“Verlede jaar het ons niemand na Los Angeles gestuur nie, maar volgende jaar gaan ons vier kinders neem,” het Moore gesê. “Al my studente het baie uithouvermoë en hulle oefen elke dag. Dit is wat hulle so laat uitblink.”
Sy twee ander studente wat gekwalifiseer het, gaan by die Sekondêre Skool Otjiwarongo (OSS) skool.
Saima Shatipamba (16) het vir modelwerk gekwalifiseer. “Ek wou nog altyd ’n model wees. Ek het tydens die Mej OSS-kompetisie modelwerk gedoen en mnr. Moore was ’n beoordelaar. Hy het voorgestel dat ek by NATME deelneem en het vir my opleiding gegee.” By NATME het sy drie goue medaljes gewen.
Renthia Cloete (18) het op vyfjarige ouderdom in die kerkkoor begin sing. Toe sy 12 was, het sy vir die eerste keer op haar eie gesing, op haar ouma se begrafnis, en in haar graad 10-jaar vir die eerste keer voor al haar skoolmaats. “Toe ek van die verhoog af kom, het almal na my gehardloop en my deurmekaar gegil. Hulle het nie geweet dat ek kan sing nie,” het sy gesê.
Sy het vier goue en een silwermedalje by NATME ingepalm.
“Toe ek hoor ek het vir Los Angeles gekwalifiseer, het ek net bly sit. Ek kon dit nie glo nie. Maar nou sal ek voorberei en die geleentheid met beide hande aangryp.”
Moore het by NATME die trofee vir beste afrigter verower.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie