Outjo-veldbrand eis ’n lewe
Ronelle Rademeyer - Een brandslaner is dood en ’n tweede is met brandwonde in ’n hospitaal opgeneem toe hulle deur vlamme oorval is terwyl hulle gehelp het om die veldbrand te bestry wat reeds dae noordwes van Outjo woed.
Meer inligting is nie in hierdie stadium bekend nie.
Mnr. Henry Mostert, ’n boer van die omgewing wat ten nouste by dié brandbestyding betrokke is, kon nie telefonies bereik word om vas te stel wat gebeur het nie.
Volgens mnr. Sean Naudé van Namibia Marshall Rangers het Outjo se munisipaliteit meer mense gemobiliseer om hierdie weghol-veldbrand onder beheer te probeer kry.
Die weerkantoor het gewaarsku sterk ’n noordwestewind sal Woensdag oor die Namibiese binneland woed.
Die goewerneur in die Otjozondjupastreek, mnr. James Uerikua, het vroeër Woensdag in ’n verklaring gewaarsku houtskoolprodusente moet groot versigtigheid aan die dag lê.
Foto: Dié foto is vroeër die week geneem toe 'n veldbrand aan Windhoek se noordelike en westelike buitewyke gewoed het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie