Outjo vier 120 jaar

Minette Brink
Die Noordedorp Outjo het op 23 Junie sy 120ste bestaansjaar herdenk.

Volgens Outjo se skakelbeampte, mnr. Bokkas Mazenge, is die eerste dorpserwe in 1918 geregistreer.

Tydens die feesvieringe by die Etoshapoort-stadion het burgemeester Samuel !Oe-Amseb aangekondig ses strate word hernoem ter ere van individuele prestasies in politiek, professionele loopbane, opvoeding en musiek.

Langstraat is vernoem van visepresident Nangolo Mbumba, wat ook die amtelike verrigtinge waargeneem het.

Buitekantstraat is vernoem na wyle me. Angelika Muharukua, oudgoewerneur van die Kunenestreek. Die veteraanjoernalis van die NBC wyle Salmon Salath //Hoeseb sal ook ‘n straat na hom vernoem hê.

Koedoestraat sal voortaan as Dr Japie van Zyl-straat bekend wees, ter ere van dié Namibiesgebore ruimtewetenskaplike van NASA.

Die Damara Punch-musikant Sagarias Kalux Karunga se naam sal voortaan in die plek van Zebrastraat wees.

Die feesvieringe is deur meer as 1 000 mense en talle hoë beamptes bygewoon. Hier is ‘n fotobeeld van die dag:

Photos: Bokkas Mazenge

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!