Outjo Wildfees wink
Tanja Bause - Die 13de Outjo Wildfees vind vanjaar op 29 en 30 April by die Sophienhof Lodge buite die dorp plaas.
Verlede jaar het sowat 3 800 mense die fees bygewoon en organiseerders hoop om vanjaar selfs meer gaste te lok.
Die Wildfees is bekend vir goeie kos en vermaak, ’n verskeidenheid van uitstallers, musiek deur bekende Suid-Afrikaanse en Namibiese sangers, asook die bekende Otjikondo Boerevereniging se wildveiling.
Vanjaar is daar weer verskeie trekpleisters op die program, soos mnr. Willem Bezuidenhout van Okahandja se gewilde rodeo. Vanjaar kan kinders tot 10 jaar oud deelneem en kyk wie kan die langste op ’n kapater ry. Bezuidenhout sal ook wys hoe om ’n wilde perd saalmak te maak.
Ahrens Guns & Ammunition is verantwoordelik vir die skyfskietkompetisie en voorsien ook die wapens waarmee geskiet word. Hulle gee die versekering dat die kompetisie groter as in die verlede is, met skuts wat met verskillende kaliber wapens soos met ’n haelgeweer, windbuks en jaggeweer sal kan skiet.
Die Kleintreetjies Kleuterskool bied vanjaar vir die eerste keer ’n dagsorg vir kleuters aan en van vroeg tot 22:00 sal na die woelwaters omgesien word.
“Dit is ’n fees vir die hele familie en daar is pret vir almal,” het me. Marinette Anthonissen gesê.
Soos gewoonlik is die Shoprite/Checkers Proe- en Kuiertent daar waar die Namibiese sjef, David Thomas, met kos- en wynkombinasies eksperimenteer. Die Suid-Afrikaanse sjef, Jeff Scheueremans, is saam met die bekende plaaslike sjef, Sanet Prinsloo, die beoordelaars van die steakbraai-kompetisie
Musiekkunstenaars wat deur die loop van die tweedaagse fees optree, sluit Bok van Blerk, Jakkie Louw, Adam, Wynand & Cheree en Rinel Day in.
Nog ’n nuutjie by die fees is ’n POI-laser en vuurvertoning deur Janus Botes, wat elke aand voor die musiekkunstenaars se optredes optree.
Die Outjo Reitklub bied Vrydag ’n ritvermoë-dag vir kinders van alle ouderdomme aan. Daar is ook ’n boeresport-toernooi vir pa en kinders wat pret vir oud en jonk beloof.
Oudergewoonte stel die stalletjies ook nie teleur nie, met meer as verlede jaar se 78 uitstallers wat vanjaar hul ware vertoon.
Sien julle by die Wildfees!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie