Outjo Wildsfees sorg vir groot makietie

Augetto Graig
Augetto Graig - Die 16de Outjo Wildsfees is die afgelope naweek met groot sukses aangebied.

Volgens die organiseerder, me. Lizel Scholtz, was meer as 2 000 betalende besoekers Saterdag teen 11:00 reeds deur die hekke. Die fees het Vrydag afgeskop. Die finale getalle was gister teen druktyd nog nie beskikbaar nie.

Scholtz sê sy is baie tevrede oor die geleentheid wat by die lieflike Sophienhof Lodge net buite Outjo gehou is. “Als het verloop soos beplan.”

Vanjaar se fees het met nog meer stalletjies as vantevore gespog, waar van lekker kos en juwele, tot klere en speelgoed verkoop is. Namibia Breweries het gesorg dat die kele nat bly.

Die wildsfees se tentedorpie het uitgebrei van 100 tot 150 tente vanjaar.

Topvermaak is ook aangebied. Van die hoogtepunte was Vrydagaand se optrede deur die Suid-Afrikaanse sanger Snotkop en Jo Black wat Saterdagaand die voete laat jeuk het.

Die wat 'n stiller omgewing verkies, kon in die ‘glastent’ uitspan.

Die skaapkopdis het op talle 'n impak gemaak, soos mnr. Rob Beamish van Kaapstad wat vir die vyfde jaar die fees besoek.

Nog 'n hoogtepunt was die wildveiling wat Du Preez Wild Saterdag gehou het.

Die wild- en stoetafslaer mnr. Henno Badenhorst van Agra sê ondanks moeilike ekonomiese tye glo die onderneming in toewyding tot dienslewering. “Ons staan by die bedryf in moelike tye, al gaan dit maar swaar. Niemand het gras of geld nie en boere koop liewer voer as diere,” sê hy.

Nietemin was wild ter waarde van ongeveer N$1 miljoen verkoop, alhoewel die renosters nie nuwe eienaars kon vind nie. Mnr. Dirk du Preez glo wel beter tye sal kom. “Sou dit reën, dink ek sal ons baie makliker te werk gaan, maar ons hou nog die veiling om die boere te ondersteun,” sê hy.

Maak sommer nou al planne om nie volgende jaar se Outjo Wildsfees mis te loop nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!