Outoppie oppie haai-way
font face="Verdana" >
Vir ’n geruime tyd ry Gesin des Boois nou al Windhoek se Westelike verbypad om vir Hermanus Benjamin soggens betyds by die skool te besorg.
'n Groentjie op die roete sal sommer gou grys hare bykry. En oor die manier waarop sekere medepadgebruikers op die roete bestuur, voel jy sommer gou lank voor die tyd soos 'n propperse outop.
Hoe so?
Eers moet ons op die snelweg kom en traai om by daai 80 kilometer per uur by te hou wat die stadsvaders en -moeders vir ons almal se welsyn afgekondig het. Op plekke is die perk 60. He-he-he-he-he.
Nota: Ons wag nog vir die syferbewyse of mense regtig stadiger ry en of daar minder ongelukke is.
Hoe ook al. . .
Soggens is verkeer noord baie minder as suid.
Daar’s hy, ons is nou op die baai-paas!
En gebruik elke spieël in die blou Ford en die oë in onse agterkoppe.
“Nee Benna, hierdie baai-paas is nie ‘n hartoperasie nie. Maar kan dalk tot een lei. . .”
Verwag jy ‘n Djie-Tie-Aai gaan eerste probeer verbyhaas? Nee. Elke ou probeer daai truuk. Bakkies veral, en elke sedan - van groot tot klein. Van elke handelsmerk.
In jou truspiegel sien jy hom of haar sommer vroeg aankom.
Eers hier op jou gat.
(Hulle probeer jou in die noodbaan links van die geel lyn afdruk – en as jy eers een kans gee, gaat jy daar bly.)
Dan hang die bestuurder bietjie terug. Seker besig om oor die volgende maneuver te bespiegel.
Maar binnekort sien jy die lippe wat reguitlyn saampers, want vandag moet ons vroeër by die werk wees. Daar’s nie flitsende ligte of sirenes op daai kar nie, maar ‘n wakker bestuurder voel die nood instinktief al is daar boggherol op die dak nie.
Woeeeee-aaaaaaaaaaaaaai.
Koebaai!
Die regel van hierdie pad: As die bord 60 wys, mik vir 80; as die bord 80 wys, probeer 100. Of meer.
Wanneer jy eers die dubbelbaan slat verby die dodelike Khomasdal-afrit, dan gooi die tjorre hom. Een honderd en twintig plus in die buitebaan!
Outop moet links hou.
En is dankbaar vir die silwerhaartannie in haar Mercedes met die oop afslaankap – die wind woel in haar hare – wat by die spoedperk hou. Ons giggel en wonder of ons die Ford se dak mooi genoeg sal kan laat afsny vir dieselfde effek.
Vanaf die indraai by die Katutura-hospitaal ooswaarts is dit chaos.
Drie bane; linkerbaan beset deur strome indrukkers wat een baan regs of sommer twee bane regs wil skuif.
Outop en sy vrou byt op die tande oor medeburgerlikheid.
Troos: Johannesburg, Pretoria, Kaapstad; al daai plekke is 777 keer erger? En ons lys nie eens ander stede op onse Afrikavasteland nie.
Aaaarg – geen versagting of verskoning nie?
Want in hierdie land ry ons so vinnig as wat die ander bestuurders ry. En vinniger; as ons verby moet kom.
Stop nie by stopstrate nie. Wag nie by vierrigtingstopstrate nie.
Dink die ander bestuurder moet altyd toegee.
Lees die oranje lig as nog ‘n kans om deur te druk. En die rooi lig beteken ek het nog ‘n halwe sekonde om verby te skuur?
Dis hoekom gedrag op die baai-paas maar dieselfde as op elke nasionale, dorps- en grondpad in die boendoes is.
Bid maar (of as jy nie gelowig is nie – knyp die oge toe), vir elke baai-paas, haai-way en lou-road.
“Jammer, Juffrou.
“Ons is al weer laat vir skool.
“Pa het die baai-paas gery.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie