OUTsurance in rasseherrie
OUTsurance in rasseherrie

OUTsurance in rasseherrie

OUTsurance sal 'n “robuuster” sosialemediaproses moet volg om te verseker dat daar nooit weer 'n herhaling van die Vadersdag-debakel is nie.
Willem Roos, uitvoerende hoof van die OUTsurance-groep, het Maandag vure doodgeslaan nadat 'n rassestorm in die kleine op sosiale media losgebars het.

Dit het begin met 'n twiet van OUTsurance met 'n skakel na 'n video van pa's en kinders wat saam tyd deurbring en pret het. Die beelde is meestal van die internet af gekry.

Al die “wonderlike pa's” word 'n gelukkige Vadersdag toegewens.

Verskeie mense was omgekrap omdat die oorgrote meerderheid van die pa's in die video wit is.

Talle mense wou ontsteld weet of dit insinueer dat swart pa's dan nie ook liefdevolle en betrokke pa's kan wees nie.

Mense het ander aangemoedig om hul versekeringspolisse by OUTsurance te staak.

Swart pa's het foto's van hulle saam met hul kinders geplaas om “die teendeel” te bewys.

Sommige twieters wou weet of die video verteenwoordigend is van die versekeringsmaatskappy se kliëntebasis of werknemers.

OUTsurance het die skakel na die video inderhaas verwyder en kort voor lank was dit nêrens te sien nie.

Die versekeringsmaatskappy het ook blitsig op Twitter om verskoning gevra.

“We apologise for our Father's Day video. It did not appropriately represent SA's demographics. It was an unintentional oversight.”

Dit het die gemoedere egter nie laat bedaar nie.

@nhlanhla_bhelo het uitgevaar: “@OUTsurance is not culturally intelligent. Your racist tendencies are disgusting. Apology not accepted.”

Dee Marney se reaksie was: “#OUTsurance signifies the disgusting stink of racism that white owned companies subject blacks to daily.#mxm.”

Roos se reaksie is: “Die plasing (van die video) was duidelik onvanpas en het nie die demografie van Suid-Afrika, ons kliënte en ons personeel weerspieël nie.

“Ons is bitter jammer oor die onsensitiewe aard daarvan.”

Hy sê dat die video nie 'n OUTsurance-advertensie is nie en daarom is dit nie deur die gewone kanale van 'n draaiboek, 'n senior span wat dit sou goedkeur of 'n produksieproses nie.

“Dit was sommer iets wat ons sosiale­mediaspan van die internet afgetrek het en geplaas is deur van ons junior medialede. Omdat dit nie 'n amptelike advertensie is nie, is dit nie deur die gewone keuringsproses nie. Ek dink die span het net 'ratser' met sosiale media probeer wees en iemand het duidelik nie mooi daaroor gedink nie.

“OUTsurance het 'n groot fout begaan en ons sal moet kyk na ons prosesse,” sê Roos.

Hy erken dat die twiet beslis 'n impak op OUTsurance se reputasie gehad het.

“Ons monitor hoeveel mense bel en hoeveel hul polisse wil kanselleer. In dié stadium is dit nog relatief min, maar as een persoon kanselleer, is dit een persoon te veel.”

Om te voorkom dat so iets weer gebeur, sal OUTsurance sy media­strategie oorweeg en 'n beter goedkeuringsproses daarstel om die diversiteit van die land te verteenwoordig.

“Ons sal moet sorg dat ons sosiale­mediaspan baie meer ingesteld is op die tydsgees van Suid-Afrika.”

Daar sal wel “tugprosesse” wees waarby Roos self betrokke sal wees.

“Ons kan wel nie net 'n junior mens onder die bus gooi nie. Ons moet as maatskappy verantwoordelikheid aanvaar,” sê hy. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!