Ovaalbal se skouspel is hier
Die aftel na die eerste aksie in die lank verwagte 2019 Wêreldbeker-rugbytoernooi kom vanmiddag tot ’n einde wanneer die afskopfluitjie tussen die gasheerland Japan en Rusland blaas (12:45). Nog drie bulwedstryde volg môre, voordat Namibië se oë op ons span se eerste botsing Sondagoggend teen Italië gerig sal wees. Afrigter Phil Davies en kaptein Johan Deysel se manne sal vasberade wees om teen alle verwagtinge in die Italiaanse appelkar om te smyt. Bly gerus ingeskakel op Republikein se Facebook-blad om Yochanaan Coetzee en Lloyd Zandberg se video-bydraes as deel van ons Jol in Japan-reeks te volg. Foto Namibië Rugby
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie