Ovaherero, Nama stel klasaksie in VSA in
Ronelle Rademeyer - Die amptelike verteenwoordigers van die Ovaherero's en Namas het hofstukke by die federale hof in New York in die VSA ingestel vir 'n klasaksie teen Duitsland.
Luidens 'n verklaring deur dié groepe eis hulle skadevergoeding van Duitsland en vra die federale hof vir 'n bevel wat Duitsland verbied om hulle uit te sluit by die onderhandelinge wat tans tussen dié land se regering en die regering van Namibië gevoer word oor die volksmoord van 1904-1908.
Die twee groepe word in die eis verteenwoordig deur die Ovaherero opperhoof adv. Vekuii Rukoro en hoofman David Frederick, voorsitter van die Vereniging vir Nama Tradisionele Owerhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie