Ovaherero wys nuwe opperhoof aan
Ovaherero wys nuwe opperhoof aan

Ovaherero wys nuwe opperhoof aan

Dani Booysen
Die raad van hoofmanne van die Ovaherero het prof. Mutjinde Katjiua tot die volk se aangewese opperhoof verkies tydens Vrydag tot vandag se byeenkoms op Onderombapa naby Aminuis.
Katjiua sal die leisels by wyle adv. Vekuii Rukoro oorneem.
Die senaat moet nog die aanstelling goedkeur.
Volgens ‘n nuusvrystelling deur die Ovaherero Tradisionele Owerheid sal Katjiua ingesweer word sodra die formaliteit afgehandel is en wanneer die begrafnisrites vir Rukoro en wyle veldmaarskalk Ismael Kavikamburua Kamuhapita afgehandel is.
Hoofman Boas Tjingaete sal as opperhoof waarneem totdat Katjiua ingesweer is.
Die raad het die oorgangskomitee bedank vir hul tussentydse leierskap van die volk.
Die byeenkoms het opnuut die konsepooreenkoms tussen die Namibiese regering en Duitsland oor reparasies vir volksmoorde op die Ovaherero en Nama verwerp.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!