Ovambanderu-owerheid stel waarnemende hoofman aan
Ogone Tlhage – Die Ovambanderu tradisionele owerheid (OvTA) het mnr. Gerson Katjirua as nuwe waarnemende hoofman aangestel ná die dood van hoofman Kilus Nguvauva.
Katjirua se aanstelling is bekragtig in 'n vergadering wat op 1 Julie plaasgevind het. Hy is ook as die voorsitter van dié owerheid aangestel. Hy het voorheen ook as waarnemende hoofman gedien voordat wyle Nguvauva in 2015 aangestel is.
“Die senior tradisionele raadslid en voormalige waarnemende hoofman Gerson Katjirua is eenparig as die waarnemende hoofman en voorsitter van die hoofraad van die Ovambanderu tradisionele owerheid aangestel,” lui 'n verklaring. Me. Issy Murangi is as die owerheid se ondervoorsitter aangewys.
NGUVAUVA SE BEGRAFNIS
Die owerheid beplan om Nguvauva se begrafnisreëlings aan te kondig ná oorlegpleging met verteenwoordigers van die koningshuis waarvan hy gekom het, asook gesprekke met sy familie en die hoofraad.
“Ek doen 'n beroep op alle Ovambanderu-mense en mede-simpatiseerders om gedurende hierdie moeilike tyd kalm te bly, bestaande gesondheidsprotokolle te handhaaf en te respekteer.
“Dit is vir ons eie veiligheid en om hierdie verskriklike pandemie in te perk," het Katjirua gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie