Ovitoto-wildsplase: Sage verdiep
Voortrekkery word beweer in die toekenning van twee wildsplase en vrae word gevra oor die registrasie van die maatskappy aan wie die plase toegeken is.
Catherine Sasman - Die Ovitoto-tak van die Ovaherero Tradisionele Owerheid (OTA) se beplande optog gister na staatshuis is uitgestel na volgende week om antwoorde te kry op die toekenning van die hervestigingsplase Osema en Gusinde aan Ovitoto Game and Hunting Safaris (Pty) Ltd.
Die groep sou pres. Hage Geingob versoek om die toekenning van plase aan dié private maatskappy te herroep.
Die ministerie van grondhervorming het op 12 April aangekondig dat hierde plase langs die Ovitoto kommunale gebied, aan Ovitoto Game and Hunting Safaris toegeken is.
Hoofman Vipuira Kapuuo van die OTA se Ovitoto-tak het gesê sedert die plase vir hervestiging beskikbaar is, het die liggaam verskeie beroepe op die grondministerie gedoen om die plase van altesaam 9 128 ha aan die kommunale gebied vir uitbreiding te gee.
Hy het spesifiek verwys na ’n brief wat op 24 Januarie 2015 aan die voormalige grondminister, mnr. Alpheus !Naruseb, gestuur is, asook ’n petisie aan die huidige grondminister, mnr. Utoni Nujoma, op 15 April 2015. Hy het genoem van ’n verklaring deur !Naruseb dat die plase by die Ovitoto kommunale gebied ingesluit word, asook die ministerie se jaarplan van 2014-’15 wat vra vir bykomende grond aan die kommunale gebied.
Die OTA het ook op 19 September 2016 ’n vergadering hieroor met Nujoma gehad.
AANDEELHOUDING BEVRAAGTEKEN
Volgens die registrateur van maatskappye in die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, is die aandeelhouers van Ovitoto Game and Hunting Safaris mnr. John Ali Iipinge (40%), me. Josephine Ipupa Kasheeta (20%), mnr. Gabriel Mureti (20%), me. Erestine Jessica Tjiundje (10%), die Ovitoto kommunale bewaringsgebied (7%) en me. Angelina Operi Kanduvarisa (3%).
Lede van die bewaringsgebied is woedend oor hul beweerde aandeelhouding en sê die bewaringsgebied het op hul eie aansoek vir die plase gedoen en sou nie tevrede wees met ’n geringe 7%-aandeelhouding nie.
’n Lid van die bewaringsgebied, mnr. Kavetjuo Ndisiro het gesê geen vergaderings of besluite rakende aandeelhouding in Ovitoto Game and Hunting Safaris is ooit geneem nie. Hy beskuldig voorsitter Lisias Tjeripo Tjaveondja daarvan dat hy agter hul rûe homself as ’n aandeelhouer ingewurm het.
Die permanente sekretaris van grondhervorming, mnr. Peter Amutenya, het beklemtoon dat individuele lede van die Ovitoto-gemeenskap, en nie die bewaringsgebied nie, aandeelhouers in die maatskappy is.
Pogings om kommentaar van Tjaveondja te kry was onsuksesvol.
REGISTRASIE VAN MAATSKAPPY 'TWYFELAGTIG'
Beide die Ovitoto-bewaringsgebied en die OTA beskou die maatskappy se registrasie as "twyfelagtig".
Tjaveondja het in ’n brief aan Nujoma aangedui dat die hervestigingsplase aan Ovitoto Game and Hunting Safaris toegeken is terwyl dit volgens die rekords van die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling nie ’n geregistreerde maatskappy is nie.
Volgens dié rekords is die naam van Hallie Investment Number Three Thousand One Hundred and Seventy Four (Pty) Ltd op 24 April vanjaar na Ovitoto Game and Hunting Safaris verander, nadat die grondministerie op 12 April afgekondig het dat die plase aan laasgenoemde toegeken is.
Ook omstrede is dat die registrateur van maatskappye die naam Ovitoto Game and Hunting Safaris vanaf 11 Augustus 2016 tot 10 October 2016 tydens die aansoek van ene Maria Nsakulo gereserveer/bespreek het.
Kapuuo beweer dat die verval van die bespreking van die maatskappynaam nooit hernu is nie. Hy meen ook Hallie Investments was tot 24 April ’n maatskappy wat net op papier bestaan het.
Kapuuo sê toe gemeenskapslede van Ovitoto in April opgemerk het dat daar geen wettige entiteit genaamd Ovitoto Game and Hunting Safaris was nie, hulle dit onder dieselfde naam gereserveer/bespreek het.
Dit, sê hy, dui daarop dat niemand anders as diegene wat vir die bespreking van die naam betaal het, toegang tot die gebruik van die naam vir hul onderneming gehad het nie.
"Dit laat ’n mens wonder hoe die nuwe toekenningwenners van plaas Osema Nr. 63 and plaas Gusinde Nr. 197 dieselfde naam kon gekry het, tensy deur twyfelagtige en korrupte praktyke," het Kapuuo gesê.
Kapuuo bevraagteken voorts hoe Iipinge en Kasheeta ’n toerismeverwante sakeonderneming kon registreer sonder die toestemming van die Namibië Toerismeraad (NTB).
Hy beskuldig die grondministerie daarvan dat dit die Ovitoto-bewaringsgebied doelbewus verhinder het om in te skryf vir die prekwalifikasie fase van die aanbodproses en beweer voortrekkery in die toekenning van die hervestigingsplase.
“Daar was geen mededingende aanbod van enige ander maatskappy nie,” sê Kapuuo. Die grondministerie sê dit het wettig opgetree deur regverdig vir aansoekers te adverteer.
Suksesvolle kandidate is glo daarna, "gebaseer op geloofwaardige dokumentasie deur elke mededingende entiteit" gekies.
MAATSKAPPY ANTWOORD
Kasheeta, een van die direkteure van Ovitoto Game and Hunting Safaris, ontken die beweringe van ‘n twyfelagtige registrasie.
Sy het gesê die maatskappy was behoorlik geregistreer en dat rekords by die ministerie van industrialisasie dit bewys. Kasheeta het gesê die datum waarop die maatskappy geregistreer en die aandeelhouers verander is, was op 11 Oktober 2016.
Sy ontken ook die bewering dat die ministerie van industrialisasie toegelaat het dat die naam Ovitoto Game and Hunting Safaris gereserveer moet word en dat dit daarna nie hernu was nie, en sê daar was geen vereiste dat aansoekers by die NTB moes registreer voor aansoeke ingedien was nie. “Die maatskappy het nog nie begin om die plaas vir toerisme doeleindes te gebruik nie omdat die nodige papierwerk nog nie gefinaliseer is nie. Sodra hierdie proses voltooi is, sal nodige goedkeurings van die NTB en ander liggame verkry word.”
Sy het bygevoeg: “Die ministerie [van grondhervorming] het ‘n openbare beroep gedoen vir belanghebbende partye om aansoek te doen. Ons maatskappy het op die beroep gereageer en ‘n wenbod ingedien.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie