Owerhede gaps gesin se hond om taks te delg
Owerhede gaps gesin se hond om taks te delg

Owerhede gaps gesin se hond om taks te delg

Inwoners van ’n dorp in Duitsland is weens belastingverpligtinge hul troeteldier kwyt.
’n Gesin se troetelhond is deur Duitse owerhede gekonfiskeer om dié gesin se belasting te betaal.

Die hond, ’n mopshond met die naam Edda, is op eBay gesmous om die gesin se skuld te delg.

Amptenare in die dorpie Ahlen in die noordweste van Duitsland het hul besluit verdedig nadat dit opslae op sosiale media begin maak het, het The Telegraph berig.

Sosialemediagebruikers meen die amptenare was harteloos om die hond te verkoop.

Dirk Schlebes van die tesourie in Duitsland sê hulle het nie die wet oortree deur die hond te vat en te verkoop nie omdat hulle toe reeds ál die goedere van waarde gevat het, berig The Guardian.

Die gesin het die taksman geld geskuld, waarna Edda €750 (sowat N$12 140) aanlyn behaal het om dié skuld te delg.

Dié storie het egter op die lappe gekom omdat Michaela Jordan, ’n polisievrou, Edda gekoop het.

Jordan het egter onraad vermoed oor hoekom die opreg geteëlde hond so goedkoop is, waarna sy die verkoper gebel het en uitgevind het dat die persoon vir die Ahlen-owerhede werk, berig die BBC.

Jordan was ook ontevrede omdat die verkoper vir haar gesê het Edda was gesond, maar sy moes €1 800 (sowat N$29 000) vir operasies opdok. Sy het toe vergoeding by die dorp geëis. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!