Oyo dans vir geslagsgeweld
Maria Eiseb – Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) dansgroep het onlangs ’n opvoering by die Warehouse Teater in die hoofstad aangebied om bewustheid oor geslagsgeweld te skep.
Volgens die direkteur van OYO, mnr. Phillipe Talavera, toer die groep oral oor die land en het hulle tot dusver ongeveer 170 opvoerings aangebied.
Tydens die geleentheid in Windhoek het Talavera aan die toeskouers vertel dat hulle besluit het om in 2015 op geslagsgeweld te fokus.
OYO hou opvoerings by skole en ná die tyd gesels hulle met die leerlinge om seker te maak hulle verstaan die boodskap. Talavera het voorts gesê die dansgroep bied ook opvoerings in tronke aan. Volgens hom het verskeie gevangenes te vertelle dat hulle weens geslagsgeweld in die tronk beland het.
“Die meerderheid van hulle is jong mense en vertel hartroerende verhale van hoe hulle in die tronk beland het,” het hy gesê.
OYO word deur Unicef geborg.
’n Verteenwoordiger van Unicef, dr. Myo Zin Nyunt, het tydens die opvoering gesê geslagsgeweld in die gemeenskap is ’n reusebron van kommmer en almal word daardeur geraak.
Volgens Nyunt dra die dansers ‘n boodskap aan die gemeenskap oor van vroue en kinders wat slagoffers van geslagsgeweld is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie