Pa en dogter (4) reis saam deur Afrika
'n Dokter van Windhoek se hartstog is wildfotografie en sy hart se punt is sy krulkop Nina. Hulle twee gaan saam 'n onvergeetlike avontuur aanpak.
Francoise Steynberg - 'n Bekende Windhoekse dokter en wildfotograaf, dr. Rian van Schalkwyk, en sy vierjarige dogter, Nina, het Woensdag op 'n avontuur van 'n leeftyd weggespring.
Dié twee gaan oor 'n jaar 10 lande en meer as 30 nasionale parke in Afrika met 'n 4x4-voertuig en sleepwaentjie deurkruis.
Naas die mooie krulkop Nina, is Rian se groot liefde wildfotografie.
"Ek beplan en spaar al jare vir hierdie reis om Afrika se wonderlike wildlewe te fotografeer," het Rian Woensdag knap voor die afskop van hul reistog, aan Republikein gesê.
Pa en dogter gaan die eerste van 30 nasionale parke in die Kgalagadi-oorgrenspark hul avontuur begin en daarna kom Etosha Nasionale Park aan die beurt. Van die lande wat hulle gaan verken, is Botswana, Zambië, Zimbabwe, Malawi, Tanzanië, Kenia en Rwanda. Ethiopië se hooglande is ook op hul reislys om die gelada-ape te sien.
Tussenin wag daar ook nog ander groot avonture. Rian sê ná Malawi gaan hulle eers na 'n Indonesiese eiland vlieg waar hulle vir drie maande gaan kuier en hy gaan werk.
Rian is 'n enkelouer van Nina wat op Rundu gebore is. Hy het daar gepraktiseer toe sy gebore is en daarna op Swakopmund en in Windhoek.
"Ek weet dit gaan nie maklik wees om alleen saam met 'n vierjarige deur Afrika te reis nie," maar pa en dogter het al baie saam gereis. Rian het pragfoto's van haar by onder andere Dooievlei in Sossusvlei geneem.
As Nina moeg geloop is, dra hy haar sommer in 'n abbasak. Nina het sommer self haar lokke vir Afrika se hitte afgesny.
"Ek gaan gaan Nina geensins na gevaarlike plekke neem nie en sal sorg dat sy altyd veilig is," het die beskermde pa gesê.
"Ons sien al so lank hierna uit en ek weet ons gaan dit saam geniet," het hy opgewonde gesê oor die kosbare herinneringe wat hulle saam in Afrika gaan skep.
Rian se asemrowende foto's van wildlewe kan op sy Facebook-blad Rian van Schalkwyk Photography, gesien word. Hy was in 2017 in Indië waar hy Bengaalse tiere in die wildernis op sy kamera vasgevang het. In 2015 was hy in Amerika waar hy verskeie parke soos Yellowstone en Grand Teton besoek het en bisons en takbokke gekiek het.
Rian en Nina se reis kan op die blog, Safari with Nina, by http://safariwithnina.com/2018/12/26/our-journey-begins/ gevolg word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie