Pa pleit onskuldig op moord
Die 30-jarige mnr. Gabriel Tulinane David (30) het in die landdroshof in Katutura verskyn op die aanklag dat hy sy vyfjarige dogtertjie, Cornelia Indileni David, vermoor het.
Hy het na bewering ook Cornelia se ma aangerand.
David het Cornelia glo op 19 Februarie vermoor.
Haar lyk is in die Goreangabdam gevind.
Sy borgtog is geweier en die verhoor is vir verdere ondersoek tot 10 Mei uitgestel.
Hy het voor landdros Bernadine Michelle Kubersky verskyn. David het gesê hy gaan sy eie verdediging hanteer.
Hy is 'n soldaat by die Suiderhof Militêre Basis in Windhoek.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie