Pa skuldig aan dubbele moord
Die beskuldigde het aan die begin van die verhoor onskuldig op die twee moordklagte gepleit en het beweer hy en die kinders is deur ’n inbreker aangeval.
Jacqueline Louw – Die man wat aangekla is van die moord op sy twee jong kinders op die vooraand van Kersfees in 2009, is skuldig bevind.
Regter Nate Ndauendapo het die afgelope Vrydag die 34-jarige Jonas Shinana aan dié moorde skuldig bevind.
Shinana het sy twee kinders, Matheus (6) en Emilia Naatye Shinane (4), gedurende die nag van 23 of die oggend van 24 Desember 2009 vermoor. Die kinders se kele is afgesny. Dit was die staat se saak dat Shinana ’n mes gebruik het om die kinders te vermoor en dat hy daarna probeer selfmoord pleeg het deur homself te hang. Die selfmoordpoging het misluk.
Shinana het aan die begin van die verhoor onskuldig op die twee moordklagte gepleit en het beweer hy en die kinders is deur ’n inbreker aangeval.
Gedurende die verhoor het Shinana getuig hy en die kinders was alleen by sy huis die aand van 23 Desember toe ’n onbekende indringer die huis binnegekom het en hom gewurg het totdat hy sy bewussyn verloor het. Volgens hom het hy eers in die hospitaal sy bewussyn herwin.
Getuies het Shinana bewusteloos in die kamer saam met die vermoorde kinders gevind. Hy het ’n stuk tou om sy nek gehad en ’n soortgelyke stuk tou was aan ’n dakbalk in die kamer vasgebind.
Me. Rosalia Antonius, die kinders se ma, het gedurende die verhoor getuig sy het die kinders by ’n vriend in die Havana-woonbuurt in Windhoek gelaat en na die Noorde gereis nadat sy ’n SMS-boodskap ontvang het waarin Shinana gedreig het om haar dood te maak.
Sy het die nuus van haar kinders se moord ontvang twee dae nadat sy Windhoek verlaat het. Sy het ook getuig sy het Shinana in die tronk besoek waar hy haar om verskoning gevra het en vir haar gesê het hy het homself om die lewe probeer bring.
Shinana het ná sy inhegtenisneming ’n verklaring afgelê waarin hy erken het hy het sy kinders doodgemaak omdat hy bekommerd oor hul toekoms was.
“Ek wou myself en die kinders doodmaak. Ek het swaargekry,” het hy in die verklaring gesê.
’n Aansoek is by die hof ingedien om dié verklaring ontoelaatbaar te verklaar. Die verdediging se beswaar was dat die inhoud daarvan nie korrek weergee wat die beskuldigde aan die polisiebeampte vertel het nie en dat sy reg om regshulp te bekom, nie aan hom verduidelik is nie.
Regter Ndauendapo het in Maart vanjaar beslis dié verklaring was wel toelaatbaar.
Betoë vir vonnisoplegging sal op 29 Januarie aangehoor word.
Mnr. Bradley Basson het Shinana verteenwoordig terwyl staatsadvokaat Palmer Kumalo namens die staat opgetree het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie