Pa van vier vas ná moord met trok vol bier
Die verdagte is vantevore in intelligensieverslae genoem, maar is nie aan ekstremiste verbind nie.
Die 39-jarige Oesbeekse man wat in hegtenis geneem is ná Vrydag se terreuraanval in Stockholm, het propaganda van die terreurgroep Islamitiese Staat (IS) op sy skootrekenaar gehad en die polisie was bewus van hom.
'n Tuisgemaakte bom is ook in die gekaapte vragmotor vol bier gevind wat kort ná 15:00 vier mense doodgery het voordat dit in die Ahlens-afdelingswinkel in Drottninggatanstraat in Klarabergsgatan, Stockholm, vasgejaag het.
15 mense is beseer.
Die verdagte is in die vroeë oggendure Saterdag in hegtenis geneem.
Anders Thornberg, hoof van die Sweedse veiligheidsdienste, het op 'n mediakonferensie gesê die verdagte is vantevore in intelligensieverslae genoem, maar is nie aan ekstremiste verbind nie. Dit is onbekend hoe lank die verdagte in Swede was.
Die Sweedse media het berig hy is 'n pa van vier wat glo IS-propaganda op sy skootrekenaar gehad het.
Daar is ook berig hy het djihadistiese propaganda in sosiale media versprei en foto's van beseerdes ná die terreur by die Boston-marathon in 2013 gehad.
Terreurdaad
Pres. Donald Trump van Amerika is in Februarie uitgejou toe hy in 'n toespraak gesê het Swede het probleme (verwant aan terreur) met die groot aantal vlugtelinge uit Moslemlande soos Sirië wat daarheen gevlug het.
Carl Bildt, die voormalige Sweedse premier, het op dié bewering van Trump in sosiale media gesê: “Swede? Terreuraanvalle? Wat rook hy (Trump)?”
Stefan Löfven, die premier, het Saterdag gesê voorlopige getuienis dui daarop dat dit 'n terreurdaad was.
Dit is die eerste noodlottige terreurdaad in dié land sedert 'n selfmoordbomaanvaller homself in 2010 in Stockholm opgeblaas het.
Dit is die vyfde aanval waarin vragmotors as aanvalwapens gebruik word. In Maart het Khalid Masood met sy motor op die Westminster-brug in Londen tussen mense ingejaag voordat hy 'n polisieman met 'n mes doodgesteek het. Vyf mense is dood. Laat in Desember het 'n vragmotor in Berlyn in 'n Kersmark ingejaag en 12 mense is dood.
In November verlede jaar het Abdul Razak Ali Artan, 'n Somaliese vlugteling en student aan die Ohio-Universiteit, 13 mense beseer toe hy met 'n voertuig tussen hulle ingery en hulle daarna verwoed met 'n mes aangeval het. In Julie 2016 het Mohamed Lahouaiej-Bouhlel, 'n Tunisiër wat in Frankryk woon, met 'n vragmotor in 'n skare ingejaag. Altesame 86 mense is dood en honderde beseer.
Vlugtelinge
Terreurkenners meen die jongste voorval in Swede kan verbind word met die reusegetal vlugtelinge wat dié land sedert 2015 moes absorbeer.
Net in dié jaar is 163 000 aansoeke om vlugtelingstatus in Swede ontvang.
Rita Katz van die Site Intelligence Group sê die IS moedig die afgelope jaar sy ondersteuners in die buiteland aan om juis vragmotors in aanvalle te gebruik.
In die IS se aanlyn tydskrif in November is 'n artikel wat haarfyn beskryf hoe só 'n aanval uitgevoer moet word.
– Netwerk24/Aftonbladet/Mail Online/USA Today/The Independent

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie