Pa vermoor glo vyfjarige
Pa vermoor glo vyfjarige

Pa vermoor glo vyfjarige

Tanja Bause
Tanja Bause



Die liggaam van die vyfjarige Cornelia Idileni David is verlede week in die Goreangabdam gevind.

Volgens haar ma het David se pa haar die vorige Sondag om 17:00 by die huis kom haal.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, ao. Immanuel Lazarus, het David se ma Woensdag 'n klag van ontvoering by die Wanaheda-polisiekantoor teen die pa gelê toe hy nie met sy dogter terugkeer nie.

Die pa is later in verband met die moord op sy dogter in hegtenis geneem.

Op Aroab is 'n 19-jarige vrou glo deur haar kêrel met 'n mes doodgesteek.

Die 27-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die polisie-ondersoek duur voort.

'n Chinese burger, mnr. Xu Bintao (22), is by die Sun Square-inkopiesentrum in Ondangwa deur 'n 34-jarige man met 'n maatband deur die gesig geslaan.

Hy het ernstige beserings opgedoen en die man is in hegtenis geneem.

By dieselfde inkopiesentrum het twee verdagtes 'n sakeman, mnr. Jiwie Wang, na die erf agter sy besigheid geroep onder die voorwendsel dat hulle pale by hom wil koop.

Nog twee verdagtes het in 'n voertuig opgedaag.

Die mans het hom gegryp en op die grond vasgedruk. Die verdagtes het N$5 000 uit Wang se broeksak gesteel en weggery.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

“'n Namibiese vrou is deur haar werkgewer, mnr. Dan Sun, gestuur om huurgeld in te vorder en dit in sy bankrekening te deponeer. Die vrou het egter met die huurgeld en 'n skootrekenaar ter waarde van N$49 730 verdwyn,” het Lazarus gesê.

Dié voorval het ook by die Sun Square-inkopiesentrum in Ongwediva plaasgevind.

Die polisie vermoed die vrou bevind haar in die suide van die land.

Intussen berig Otis Finck uit Walvisbaai mnr. Eddy Plaatjies (25) is Woensdag in Mondesa dood toe die plakkershut waarin hy gewoon het, afgebrand het.

“Die eienaar van die plakkershut, me. Cheron Plaatjies, het saam met haar twee maande oue baba en haar ma ontsnap. Sy het omstreeks 01:00 wakker geword en besef die hut is aan die brand. Sy en haar ma het probeer om Eddy, wat in 'n rolstoel was, te red, maar kon ongelukkig nie daarin slaag nie,” het hoofinsp. Erastus Ikuyu gesê. Me. Edla Etheka (26) het ook tydens 'n brand in die woonbuurt omgekom.

Volgens Ikuyu het sy en haar ma baklei, omdat haar ma vermoed sy is aan dwelms verslaaf.

“Edla was vir 'n paar dae baie aggre­ssief. Haar ma het besluit om die aand nie by die huis te slaap nie. Sy het haar kleinseun om 13:25 by die huis gaan haal, terwyl Edla haarself in haar kamer toegesluit het.

“'n Rukkie later het die bure gebel en gesê rook borrel by die huis uit. Die huis se deur is afgebreek en Edla is na die staatshospitaal op Swakopmund geneem waar sy as gevolg van rookinaseming dood is. Sy het geen ander wonde gehad nie en die oorsaak van die brand word nog ondersoek,” het Ikuyu gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!