Paaie eis 13 lewens verlede week
Paaie eis 13 lewens verlede week

Paaie eis 13 lewens verlede week

Augetto Graig
Augetto Graig - Verlede week, van 27 tot 30 Maart, was een van die donkerste tot dusver dié jaar.

So sê die Motorvoertuigongelukfonds (MVAF) se hoof uitvoerende beampte, me. Rosalia Martins-Hausiku.

'n Afgryslike 13 mense het hul lewe op Namibiese paaie verloor, en in die 36 padongelukke gedurende dié tydperk is 48 mense beseer.

Volgens 'n misdaadverslag van die Namibiese polisie (Nampol) is 'n swanger vrou, me. Kambanga Juleta (18), op 30 Maart by die Ndama-nedersetting op die Trans-Caprivi-hoofweg raakgery. Sy is met haar aankoms by die Rundu-staatshospitaal dood verklaar.

“Daar word beweer die bestuurder van 'n nutsvoertuig met private registrasiemerke het omstreeks 21:30 die voetganger by Ndama raakgery toe sy die pad oorgesteek het,” lui die verslag.

Die oorledene se naasbestaandes is hiervan ingelig, maar niemand is in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Op 28 Maart het 'n ongeluk op die C10-grondpad tussen Karasburg en die /Ai-/Ais-oord plaasgevind toe 'n blou Toyota Land Cruiser omgeslaan het. Twee passasiers, mnr. Phillipus Veld­skoen en me. Maria Skrywer (38), het op die toneel gesterf.

Twee ander passasiers het ernstige beserings opgedoen en is na die Karasburg-staatshospitaal geneem.

Op dieselfde dag is 'n voetganger, mnr. Shihangeni Pius (32), omstreeks 17:00 op die B2-pad naby Walvisbaai noodlottig deur 'n Toyota Fortuner getref wat deur 'n Zambiese burger bestuur is.

Die oorledenes se naasbestaandes is ingelig.

'n Suid-Afrikaanse burger (60) is op 29 Maart tussen Mariental en Kalkrand op die B1-hoofroete weens nalatige bestuur, kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding in hegtenis geneem.

“Daar word beweer die verdagte het 'n voertuig beskadig en die bestuurder van die voertuig aangerand.

“Die verdagte is in aanhouding en die ondersoek duur voort,” lui die verklaring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!