Paaie sover veiliger
Paaie sover veiliger

Paaie sover veiliger

Ronelle Rademeyer
Die skole heropen môre en die meeste vakansiegangers is waarskynlik teen vandag terug by die huis.

Elke jaar wanneer die groot uittog begin, hou ons kollektief asem op oor die moontlikheid dat familielede, vriende, kollegas, kennisse en ander landgenote die lewe op ons paaie kan laat.

Vanaf 22 November tot en met 2 Januarie vanjaar het dit tog effe beter gegaan wat padongelukke betref.

Altesaam 94 mense is dood – net een minder as verlede jaar, maar heelwat minder ongelukke is aangemeld en minder mense is ook beseer.

Daar is in dié tyd 894 mense beseer teenoor die 1 062 van verlede jaar. Verder het 480 ongelukke plaasgevind, wat sowat 10% minder is as die 530 wat in die ooreenstemmende tyd verlede jaar voorgekom het.

Dit wil tog lyk asof hierdie afname ten minste gedeeltelik aan die gesamentlike padveiligheidspoging van die verskillende owerhede en instansies toegeskryf kan word.

En dit is uiters verblydend.

Gedurende die padveiligheidsveldtog is sowat 104 000 voertuie deur die polisie en ander padveiligheidsbeamptes gestop. Verder is 132 mense vir dronkbestuur aangekeer.

Dit getuig van die vasberadenheid van owerheidskant om Namibiese paaie veiliger te maak.

Die 94 padsterftes wat voorgekom het, is egter steeds 94 te veel.

Ongelukke is nie altyd voorkombaar nie. Maar deur by spoedbeperkings te hou, padreëls te gehoorsaam, om te sien na die veiligheid en padvaardigheid van voertuie en nie alkohol te gebruik voordat jy agter die stuurwiel inskuif nie, kan dit tot die minimum beperk word.

Elke Namibiër met ’n rybewys móét dit met elke rit nakom.

Kom ons maak 2017 die veiligste jaar ooit op paaie.

Rapport, 08 Januarie 2017

Spel met spieëls vir uitslae

Januarie se vernaamste kulkuns-geleentheid, die bekendstelling van die vorige jaar se matriekuitslae, is die afgelope week in Midrand gehou.

Die persentasie matrieks wat verlede jaar hul eksamen geslaag het, is – hoe kan dit dan anders? – wéér hoër.

Volgens minister Angie Motshekga moet ons opgewonde wees oor die feit dat bykans agt uit tien van die meer as 828 000 matrieks wat verlede jaar die eindeksamen geskryf het, uiteindelik deurgekom het.

Suid-Afrika bestee ’n groter persentasie van sy bruto binnelandse produk aan onderwys as enige ander land ter wêreld.

Ten spyte hiervan verlaat ses uit elke tien van die land se kinders die skool sonder enige noemenswaardige kwalifikasie en kan amper een uit drie nie behoorlik lees nie – selfs ná ses jaar op die skoolbanke.

Onderwys staan uit as een van die ANC se grootste mislukkings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!