Paaieowerheid moet opdok oor onregverdige tenderproses
Die hoogste hof het in die guns van 'n Chinese en Namibiese maatskappy beslis oor 'n Paaieowerheid-tender wat misluk het.
Jacqueline Louw - Die hooggeregshof het vandeesweek beslis die Paaieowerheid (RA) het nie 'n regverdige proses gevolg voordat dit 'n padkonstruksiekontrak van bykans N$1 miljard toegeken het nie.
Die tender vir die bou van 'n snelweg tussen Swakopmund en Walvisbaai is nie verlede jaar aan die laagste bieër toegeken nie, wat die RA nou duur te staan gaan kom. Die hoogste hof het Maandag beveel die RA moet die regskoste betaal van 'n regsgeding wat in beide die hoërhof in Windhoek en die hooggeregshof aangehoor is.
Die hooggeregshof het bevind die RA se redes om nie die kontrak vir die konstruksie van die pad aan die bieër met die laagste kontrakprys toe te ken nie, was relevant en rasioneel.
Waarnemende appèlregter Theo Frank het in die uitspraak gesê die RA het nie die voorgestelde bieër – 'n gesamentlike onderneming tussen China Henan International Cooperation Group (China Henan) en die Namibiese maatskappy, Octagon Construction – 'n geleentheid gegee om aangehoor te word voordat die kontrak aan 'n mededingende tenderaar toegeken is nie. Die RA-raad het dus vir China Henan en Octagon van 'n regverdige proses ontneem, het Frank gesê.
Die bevinding in die guns van China Henan en Octagon het nie die kontrak verseker wat hulle probeer verkry het nie.
Die projek is toegeken aan 'n gesamentlike onderneming tussen die Chinese maatskappy Unik Construction Engineering Namibia en 'n Namibiese vennoot, Thohi Construction. Werk aan die pad het al meer as 'n jaar gelede begin.
Indien Unik en Thohi Construction met China Henan en Octagon vervang word, sal dit tot die ontwrigting en vertraging van die konstruksiewerk asook bykomende kostes lei, en dit sou nie regverdig wees om die tender in die stadium ter syde te stel nie, het die regter gesê.
tenderbedrae
China Henan en Octagon se tender om die nuwe pad tussen Walvisbaai en Swakopmund te bou het N$891,6 miljoen beloop. Unik/Thohi Construction se tenderprys was N$958,4 miljoen.
Volgens die RA is hierdie besluit geneem omdat Unik/Thohi 'n hoër telling as China Henan/Octagon in 'n tegniese evaluering van sy tender behaal het. Ook omdat China Henan, in samewerking met 'n ander Namibiese vennoot, 'n kontrak verkry het om paaie in die Otjiwarongo-gebied te herstel, net twee weke voordat die tenderbesluit oor die kuspad geneem is.
Frank het bevind die gesamentlike onderneming is nie 'n kans gegun om die kwessie oor hul kapasiteit om die kuspad saam met die verpligtinge van China Henan in die Otjiwarongo-projek te hanteer, met die RA te bespreek nie.
Hy het verder gesê die hoërhof moes beslis het dat die toekenning van die kontrak ongeldig was toe Henan en Octagon dié hof in Julie verlede jaar genader het om die tendertoekenning ter syde te stel.
Appèlregters Sylvester Mainga en Elton Hoff het met Frank se beslissing saamgestem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie