Pack Safari-toere vaar uitstekend

Pack Safari is een van die talle ­inskrywings in die 2019 Volhoubare Toerisme-toekennings (RTA) se toeroperateur-afdeling, wat deur Namibia Media Holdings (NMH) aangebied word.

Pack Safari is 'n gevestigde en gerespekteerde Namibiese toeragent­skap met uitgebreide ervaring en breë kennis oor die Suider-­Afrikaanse streek.

Die onderneming bied toere in Namibië, Suid-Afrika, Botswana en Zimbabwe aan.

Tydens 'n onlangse volhoubaarheidsevaluering deur Eco Awards Namibia het Pack Safari uitstekend gevaar, gemeet aan internasionale vereistes.

Vanjaar se RTA-finaliste sal in Maart bekend gemaak word en die wenners sal op 5 Junie tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) aangewys word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer