Pad tussen Rosh Pinah, Oranjemund weer begaanbaar
Die vlak van die Oranjerivier het ná die vloedgolf van die afgelope naweek sodanig gedaal dat die MR118 tussen Rosh Pinah en Oranjemund weer vir verkeer oopgestel is.
Die Paaieowerheid (RA) moes dit Saterdag sluit toe die rivier oor die padoppervlak begin vloei het, maar kon dit Dinsdag weer oopstel.
"Motoriste word daaraan herinner om uiters versigtig te wees en te alle tye die padverkeerstekens streng te gehoorsaam. Dit is verbode om langs dié deel van die pad waar die padtekens aangebring is, stil te hou," sê die RA en voeg by hy sal voortgaan om dié deel van die roete noukeurig te monitor en die publiek op die hoogte van sake te hou.
Foto: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie