• Tuisblad
  • Plaaslik
  • Pad tussen Walvis, Langstrand Woensdag vir verfilming gesluit
Pad tussen Walvis, Langstrand Woensdag vir verfilming gesluit
Pad tussen Walvis, Langstrand Woensdag vir verfilming gesluit

Pad tussen Walvis, Langstrand Woensdag vir verfilming gesluit

Iréne-Mari van der Walt
Reisigers en pendelaars op die B2-roete tussen Walvisbaai en Langstrand sal Woenmsdag verskeie oponthoude moet trotseer.
Hoewel die produksiespan van ’n internasionale reeks wat in die gebied verfilm word, nie veel lig oor die reeks kon werp nie, het Namib Film se produksiebestuurder, me. Nadia van den Heever, die versekering gegee die vertragings sal slegs een dag duur.
Namib Film beveel aan dat diegene wat die vertragings wil vermy, gebruik maak van die D1984-pad – wat onder inwoners as die “agterpad” bekend staan.
Verfilming begin om 07:00 en sal teen 19:00 afgehandel wees. Verkeer op hierdie roete sal in tussenposes van 15 minute opgehou word.


Die B2-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai. Foto West Coast Safety Initiative

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer