Padlangs met plante
Die Namibiese Wetenskaplike Vereniging nooi belangstellendes uit om Maandag 19:00 die bekendstelling van 111 Roadside Plants by hul kantoor by Robert Mugabeweg 110 in Windhoek by te woon. Die boek is die pennevrug van me. Antje Burke wat almal, van leke tot kenners, op reis deur Namibië se fassinerende plantwêreld neem. Sy gaan tydens die bekendstelling oor plante dwarsoor die land gesels. Die boek sal Maandagaand teen 'n spesiale prys van N$130 beskikbaar wees.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie