Padongelukke eis sewe lewens
Drie mense is Vrydag op slag dood toe die voertuig waarin hulle passasiers was in ’n kop-teen-kop-botsing betrokke was.
Die ongeluk het omstreeks 12:00 op die hoofpad tussen Grootfontein en Tsumeb gebeur. Na bewering het die linker agterband van ’n VW Polo-sedanvoertuig gebars, die bestuurder het beheer verloor en teen ’n Toyota Corolla-sedanvoertuig gebots. Drie van die vyf insittendes in die VW Polo is op slag dood. Die oorledenes is me. Jeremias Ngendeumono (22), mnre. Shalongo Oskar (34) en Nuuyoma Vitalis (ouderdom onbekend). Die bestuurder van die VW Polo en ’n ander passasier is met ernstige beserings in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.
• In ’n ongeluk Vrydag omstreeks 20:35 op die hoofpad tussen Okahandja en Karibib is nog twee mense dood. Na bewering het ’n Toyota Corolla-sedanvoertuig vanaf Karibib na Okahandja gery en ’n Jetta-sedanvoertuig in die teenoorgestelde rigting. Die Corolla het op die linker kant teen die Jetta gebots. Mnr. Ivan Gurirab (38), die bestuurder van die Jetta en wat alleen in die voertuig was, is op slag dood. ’n Onbekende passasier in die Corolla is op pad hospitaal toe dood verklaar. Die bestuurder en ’n passasier is in Okahandja se staatshospitaal opgeneem.
• ’n Vragmotor wat bakstene vervoer, het Saterdag omstreeks 12:30 op die hoofpad tussen Okahao en Oshakati gery toe ’n baksteen glo van die vragmotor afgeval het. Die baksteen het die voorruit van ’n aankomende voertuig getref en me. Halwoodi Nangula (34), ’n passasier, is op slag dood.
• Me. Rimee Kariro (55) is Saterdag omstreeks 11:35 op Oshakati se hoofpad doodgery. Sy wou oor die pad loop toe sy deur ’n bakkie getref is. Die bestuurder van die bakkie is ’n 41-jarige vrou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie