Padprojek van sowat N$7 miljoen afgehandel

Die munisipaliteit van Swakopmund het onlangs 'n padbouprojek in die omgewing van die Hoërskool Atlantic voltooi wat behoorlike padmonitering en verkeersveiligheid rondom die skool sal verseker.
Yandi Du Plessis
Adam Hartman op Swakopmund – Paaie rondom Swakopmund se skole gaan veiliger wees nadat die munisipaliteit onlangs aangekondig het hy gaan die opgradering van dié paaie prioritiseer.

Mnr. Clarence McClune, die munisipaliteit se hoofbestuurder vir ingenieurs- en beplanningsdienste, het die aankondiging gemaak ná die voltooiing van die N$7 miljoen-herbouingsprojek van die pad rondom die Hoërskool Atlantic verlede week. Dit het die opgradering van Kwikstertjiestraat, Mossielaan en Suikerbekkiestraat ingesluit.

Die projek is in Julie verlede jaar amptelik ingewy.

“Die beplanning, ontwikkeling en konstruksie van die padprojek was te wyte aan die raad wat die opgradering van paaie rondom skole geprioritiseer het, en die raad hoop hierdie opgraderings sal tot ver in die afsienbare toekoms voortduur,” het McClune gesê.

Swakopmund se dorpsraad het in 2020 'n konsultant aangestel om die toestand van die dorp se padinfrastruktuur te evalueer. Dit het gehelp om probleemareas te bepaal wat geprioritiseer moet word en hoe hulpbronne op die doeltreffendste manier toegeken kan word om dié areas te takel.

Die projek behels die verharding van die grondpad, die bou van randstene en die vervanging van straatligte.

Padtekens, kruisings en parkeerplek is ook aangebring. “Dit is om te verseker voetgangers en motoriste is veilig en ontvang behoorlike aanwysings, veral rondom skole tydens spitstye,” het McClune gesê.

Meer as 20 mense van Swakopmund is vir die projek in diens geneem.

McClune het die gemeenskap aangemoedig om slaggate en die vinnige agteruitgang van sekere paaie by die munisipaliteit se werke-afdeling aan te meld, aangesien dit die munisipaliteit in staat stel om proaktief op te tree om stygende koste en rampe te vermy.

“Hoewel ons dalk nie dadelik of met die eerste keer op alle navrae sal kan reageer nie, sal klagtes aangeteken word en daar sal so gou as moontlik daarop gereageer word,” het hy gesê.

[email protected]

FOTO’s
Die opgegradeerde pad om Atlantic High School is ‘n voorbeeld wat by ander skole in die dorp weerspieël sal word.
Die opgradering van die pad het in Julie verlede jaar begin, en is aan die begin van dié jaar voltooi. Foto’s Swakopmund Munisipaliteit.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!