Padreëls: Vervoer van persone
DAVE VILJOEN SKRYF:
Eienaars van sedanvoertuie, mikrobusse, minibusse, bakkies en klein bakkies moet asseblief kennis neem van die volgende: Gaan besigtig die voertuie se lisensiebewyse en registrasiesertifikate. Onderaan die lisensiebewys, net bokant die vervaldatum is die inligting oor hoeveel persone binne in die voertuie vervoer mag word.
Dit word byvoorbeeld aangedui as: "PERSONS 002 SEATED 0000 STANDING".
Hierdie sitplekruimtes word bepaal deur die sitplek teen die rugleuning te meet teen 380 mm persoon. Gapings word nie in berekening gebring nie.
Sodra daar 000 sittende persone aangedui word op die voertuig se lisensie beteken dit dat geen persone in die voertuig mag sit nie. Nie eens die bestuurder nie.
Hierdie voertuig was verkeerd geregistreer en moet derhalwe geherregistreer word. Niemand moet asseblief beskuldig of verantwoordelik gehou word nie, want op die einde van die dag is die eienaar van die voertuig verantwoordelik om seker te maak dat die data korrek aangebring is.
Om die voertuig te herregistreer, moet die voertuie na die naaste Nampol-kantore geneem word om 'n klaringsertifikaat te bekom en dan moet daar 'n afspraak gemaak word by die naaste NaTIS-voertuigtoetssentrum. Die beampte sal dan bepaal hoeveel sittende persone binne in die voertuig vervoer mag word. Daarna sal die dokumentasie met die korrekte data uitgereik word.
Ongelukkig vir die eienaars van die "Club cab"-bakkies mag geen persone op die agterste bankie vervoer word nie. Dit is hoofsaaklik vir goedere aangebring. Indien daar sitplekgordels aangebring is om persone te vervoer, kan dit alleenlik deur 'n geregistreerde voertuigbouer of vervaardiger gedoen word, maar dit is steeds onderhewig aan die goedkeuring van die toetsbeampte.
Hierdie regulasie is nie van toepassing op die vervoer van die ses (6) sittende of staande persone agterop 'n bakkie met 'n bruto voertuigmassa van minder as 3 500 kg nie. Indien sittende persone agterop 'n bakkie vervoer word, moet die kante vanaf die oppervlak waar hulle sit tot op 'n hoogte van 350 mm toegemaak wees en in die geval van staande passasiers moet die kante tot op 'n hoogte van 900 mm met goedgekeurde materiaal toegemaak wees wat sal verhoed dat persone afval wanneer die voertuig in beweging is.
Regulasie 163 bepaal 'n lisensie-inspekteur, ondersoeker van voertuie of 'n verkeersbeampte het die mag om jou voertuig se gebruik op te skort en hy/sy mag aan die bestuurder 'n kennisgewing uitreik wat hul na die naaste voertuigtoetssentrum vir 'n inspeksie, ondersoek of toets verwys.
In hierdie gevaal gaan die beamptes nie net die sitplekke inspekteer nie, maar dit sal 'n volwaardige padwaardigheidstoets wees, waarmee ander defekte uitgewys kan word.
Besoek u naaste polisiestasie, doen aansoek vir die klaringsertifikaat en neem jou voertuig self vir die inspeksie en herregistrasie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie