Padslagting: Fokus op wat saak maak
FANIE KRUGER VAN SWAKOPMUND SKRYF:
In minder as 'n week het Namibië se paaie opnuut 22 lewens geëis.
Meneer die minister, kan ek dalk raad gee? Die grootste probleem is die verkeerspolisie werk nie meer nie, en ons as publiek is nie blind nie, ons sien die probleme elke dag.
Af en toe sien jy hulle langs die pad staan, of sit in die patrollievoertuie, maar wat hulle doen weet net hulle.
Hier en daar sien jy verkeersbeamptes by die padblokkade-beheerpunte, en dan is hulle gepla oor:
1) Die lisensieskyfie wat nie op die linkerkant van die ruit is nie, terwyl die padverkeer en -vervoerregulasies (RTTA) sê indien 'n voertuig van 'n voorruit voorsien is enige plek aan die binnekant in orde is. Die skyfie moet net duidelik sigbaar wees as jy voor die voertuig staan.
2) LED-ligte, terwyl daar geen weet, SABS-, SANS-kode of dokument is wat sê die LED-ligte is onwettig nie.
Maar enige ander addisionele ligte is OK, dit moet net nie LED wees nie, terwyl van daardie ligte 'n baie sterker ligstraal uitstraal as van die LED’s.
Daar is verskeie laerhofsake waarin die landdroste uitspraak gegee het dat LED-ligte wettig is. Sedert 2014 kom 99% van alle nuwe motors met LED-ligte uit, maar nee, in Namibië het 'n verkeersman of - vrou meer bevoegdhede as die hof. Hy/sy besluit hoe, hoekom en waar.
Statistiek bewys dat die meeste ongelukke wat gebeur, en waarin so baie onskuldige mense sterf, veroorsaak word deur hoë spoed op die paaie; onbedagsame bestuur; verbysteek op draaie, sperstrepe en gevaarlike plekke; drink en bestuur; onpadwaardige voertuie; oorlaaide voertuie; gladde bande, ens. Maar nee, die verkeersbeamptes is gepla oor LED-ligte, ander tegniese kwessies en al hierdie ander foute en probleme gaan voor hulle oë verby.
Meneer die minister, die begin om die probleem op te los, is:
a) 24/7 patrollievoertuie op die paaie en voorstaandienste op plekke waar die publiek hulle nie sal verwag nie, en dan moet daar gekyk word na al die probleme rondom onpadwaardige voertuie en die misbruik van alkohol.
b) Sigbaarheid is die grootste antwoord, en sal die ongeluksyfer binne ses maande verminder met 80%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie